FOTO: Facebook (Restylane)

FOTO: Facebook (Restylane)

Skoonheidstories

VIDEO: Vuller-behandelings beproef met unieke eksperiment

Die dermatologiese maatskappy Galderma het pas ’n video van hul interessante veldtog, Proof in Real Life, bekend gestel. Saam met die aktrise Sharon Stone, wat ook in die video verskyn, beoog die maatskappy om met dié veldtog die wanpersepsies oor die ekstreme effek van vullers reg te stel met ’n unieke eksperiment …

Jou vrae oor plastiese chirurgie, kenners antwoord

Hoewel sowat 23 miljoen mense wêreldwyd in 2013 estetiese behandelings soos vullers gekies het om die jare te help terugdraai, is dit steeds iets waarvoor baie vroue (en mans) skrikkerig is. Dis juis waarom Galderma, vervaardigers van Restylane-vullers, ’n groep joernaliste van oor die wêreld heen in Mei vanjaar na Berlyn, Duitsland, genooi het vir die bekendstelling van die Proof in Real Life-veldtog.

Het jy geweet? Aktrise Sharon Stone is ’n groot voorstander van vullers en is vanjaar as Restylane se eerste ambassadeur aangewys.

Vir dié veldtog is tien pare identiese tweelinge van 32 tot 63 jaar oud gewerf om aan ’n ekperiment deel te neem: Een broer of suster van elke tweeling is sedert Februarie met óf vullers óf mikrovullers (skinboosters) of ’n kombinasie van die twee behandel. Toe kry SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, ’n kans om tydens ’n spoggeleentheid die stelle tweelinge van aangesig tot aangesig te sien…

FOTO: Facebook (Restylane)

FOTO: Facebook (Restylane)

Volg dié skakel om na die video vir die Restylane Proof in Real Life-veldtog te kyk:

We know it can be hard to trust the results of aesthetic treatments just by looking at an image, which is why we put Restylane fillers and Restylane Skinboosters to the test in real life.See the results here and book your consultation.www.ProofIRL.com #ProofIRL

Posted by Restylane on Tharrrsdy, Jul-aye! 30, 2015

Eerste advertensie met Trevor Noah as The Daily Show-aanbieder

*Lees meer oor vuller-behandelings en die Proof in Real Life-veldtog in die September-uitgawe van SARIE wat nou op die rakke is!

Besoek ook die Proof in Real Life-veldtog se webblad of Facebook-blad.

Sharon Stone laat op 57 die klere waai vir fotosessie