Lady Gaga agter die skerms by die Mark Jacobs vertoning. Foto: @ladygaga_instagram

Lady Gaga agter die skerms by die Mark Jacobs vertoning. Foto: @ladygaga_instagram

Skoonheidstories

Vreemd tot vreemdste: Dié loopplank-voorkomste het ons weer laat kyk

Die vier grootste modeweke vir die komende winterseisoen het pas afgesluit. En soos altyd het die modeweke in New York, Parys, Londen en Milaan verskeie gewaagde, interessante en selfs ’n paar supervreemde skoonheidsvoorkomste opgelewer. Van swart gotiese lippe en oë tot witgeverfde hare – dié loopplank-voorkomste het ons twee keer laat lyk!

Droogte begin Kruger se seekoeie eis…

Vreemd

Vir dié wat waaghalsig voel, was daar ’n hele paar interessante en treffende voorkomste “mak” genoeg om uit te probeer . . .

Dior se byna swart lippe en bonkige wimpers

Kenzo se grafiese vlerk-oogomlyner

Giambattista Valli se skitterende wenkbroue

Chanel se interessante oogskadu-patroon

Giorgio Armani se “Granny Eyebrows”

 Vreemder

Sommige voorkomste moet liefs nét op die loopplank bly . . .

Marc Jacobs se gotiese grimering

Fendi se kleurryke, kunstige oë

Paco Rabanne se ysblou lippe

Sjefs op Instagram: volg dié name

Vreemdste

Dié voorkomste is doodeenvoudig net bisar . . .

Gareth Pugh se skerp wangbene

(’n Dun rekkie is styf om modelle se koppe vasgemaak om die illusie van sterk wangbene te skep – eina!)

Vivienne Westwood se blink gesigmaskers

Givenchy se mullet-haarstyl

“Fenty Puma by Rihanna” se witgeverfde hare