Miranda Kerr FOTO: Instagram (@mirandakerr)

Miranda Kerr FOTO: Instagram (@mirandakerr)

Skoonheidstories

Warm haar-trends vir die koue seisoen

Die bekende haarsalon-groep Carlton Hair het onlangs ’n voorskou van die grootste haartrends vir dié herfs en winter gegee. SARIE se skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, het gaan uitvind watter haarstyle en -kleure vroue en mans dié seisoen kan probeer.

Hoekom is Prins Harry in ’n rolstoel?

Silwergrys hare vir oud en jonk

Wat begin het as ’n Instagram-sensasie is nou groter as ooit! Die haarsalon-groep voorspel dat die nuwe ‘granny hair’-tendens, waar jonger vroue hul hare verskillende skakerings van grys kleur, net nog meer gewild gaan raak. Bekendes soos Lady Gaga, Kylie Jenner en Rihanna is al met dié kapsels gesien. Daarby spoel die tendens ook oor na ouer vroue wat nou eerder hul grys hare laat uitgroei as om dit toe te kleur.

Helder haarkleur met ’n mat-afwerking

Pastel skakerings in jou hare was die afgelope somer gewild. Maar nou is haarkleur-skakerings helderder met ’n mat-voorkoms (die kleur lyk half-dof). Kies skakerings soos seegroen, turkoois, pers of pienk soos op Kylie Jenner en die model Jourdan Dunn gesien.

FOTO’s: Bekendes ondersteun #RedMyLips

Platinum hare

Danksy Kim Kardashian voorspel Carlton Hair dat platinumblonde hare ook gewild gaan wees dié seisoen. Die bekende TV-ster het vlugtig haar kenmerkende swart lokke verruil vir ’n spierwit platinum haarkleur. Hoewel sy intussen haar hare weer donker gekleur het, vra vroue die wêreld oor al hoe meer hul haarkappers vir Kim se platinum skakering. Dié tendens gaan dalk nie lank hou nie, maar as jy nie lus is vir helder gekleurde of grys hare nie is platinum-blond ’n goeie alternatief.

Babylights

Natuurlike haarkleur en stilering is al ’n hele ruk ’n groot tendens. As jy dié herfs ’n bietjie dimensie aan jou haarkleur wil gee, is babylights die antwoord. Ligte, fyn sonstrepies word in jou hare gesit om dit ’n songoue glans te gee, sonder dat dit te veel afwyk van jou natuurlike haarkleur. Die inspirasie vir dié neiging kom van die natuurlike goue en blonde sonstrepies waarmee jong kinders ná ’n seevakansie pronk, vandaar die naam. Bekende modelle soos Miranda Kerr en Karlie Kloss pronk met dié voorkoms.

Die Gary Rom-blog: Kry só Miranda Kerr se ‘babylights’

Vir mans: Lank bo, kort langs die kant

Vir mans is hare wat agter en langs die kant van die kop kort geskeer is en bo-op langer is, een van die gewildste haarsnitte. Die verskillende voorkomste wat jy met dié styl kan skep is oneindig. Jel jou boonste hare terug vir ‘n gladde sexy voorkoms soos wat Brad Pitt in die rolprent Fury dra.

Brad Pitt in die rolprent Fury FOTO: Instagram (@furymovie)

Brad Pitt in die rolprent Fury FOTO: Instagram (@furymovie)

SA mans versorg óók hulself – lees meer!