wenkbroue kim kardashian celeb met gala

FOTO Instagram (@kimkardashian)

Skoonheidstories

Wat het van dié bekendes se wenkbroue geword?

Die realiteitster Kim Kardashian het aanhangers verlede week tydens die jaarlikse Met Gala in New York twee keer laat kyk toe dit lyk of sy sonder wenkbroue die rooi tapyt betree het! Sy het toe al die tyd net haar wenkbroue ligter gekleur om by dié glansgeleentheid se futuristiese tema, “Manus x Machina: Fashion in an Age of Technology”, te pas.

Sy was nie die enigste bekende wat dié aand met haar wenkbroue geëksperimenteer het nie: die sangeres Katy Perry het ook hare wit gebleik, terwyl die model Lily Aldridge en aktrise Freida Pinto hul wenkbroue met goue grimering gekleur het. Is gekleurde wenkbroue die skoonheidswêreld se nuutste trend?

3 maniere om jou hare te stileer ná ’n oefensessie

Kim en Katy se ligte wenkbroue

Kim het ná die geleentheid die foto op Instagram gedeel.

Sy en haar grimeerkunstenaar, Mario Dedivanovic, het haar wenkbroue ’n ligblonde skakering gekleur om te pas by haar skitterende metaalkleurige Balmain-rok. Om haar nuwe ligte wenkbroue uit te balanseer het Mario ’n rokerige voorkoms vir haar oë geskep as die fokuspunt van haar grimering, berig die Amerikaanse modetydskrif W.

Kim het nie geskroom om die aand ná die geleentheid haar wenkbroue weer donker te kleur nie. Sy het ’n video van die proses op Snapchat gedeel – kyk hiér na die video.  

Die sangeres Katy Perry het ook haar wenkbroue byna laat verdwyn. Sy het dit 45 minute voordat sy op die rooi tapyt moes verskyn gebleik om by die aand se futuristiese tema te pas, berig Vogue.com. Die res van haar grimering was treffend met helderblou maskara op haar wimpers en gitswart lippe.

Katy se stilis, Leslie Fremar, was nie mal oor haar gebleikte wenkbroue nie en het haar aangeraai om dit eerder donker te hou, het Katy by die geleentheid aan Vogue vertel. Sy het klaarblyklik nie haar stilis se raad gevolg nie – maar ons hou daarvan dat sy so waag met haar skoonheidsvoorkomste.

#KatyPerry

A video posted by Lesliefremar (@lesliefremar) on

 

Volgens Unaiza Moideen, stigter en eienaar van The Brow Bar in Johannesburg, is ligte wenkbroue geneig om ’n mens ouer te laat lyk. As jy dié waaghalsige voorkoms wil uitprobeer is dit daarom belangrik om die res van jou grimering jeugdig te hou deur byvoorbeeld ’n onderlaag met ’n douerige afwerking aan te wend en ligpienk of neutrale skakerings vir jou lippe te kies.

Lugdiens help honde vlug van vlamme

Goue wenkbroue

Die supermodel Lily Aldridge het eerder haar wenkbroue die aandag laat trek deur dit ’n treffende goue skakering te kleur wat perfek by haar goue rok gepas het. Die res van haar grimering was neutraal met subtiele goue aksente.

Die aktrise Freida Pinto het ook met ’n dun goue lyntjie net onder haar wenkbroue gespog.

Dié skitterende wenkbrou-voorkomste maak die SARIE-skoonheidspan sommer lus om sélf te eksperimenteer met produkte wat jou wenkbroue ’n bietjie goue glans gee. Hoekom nie?

Gee jou wenkbroue subtiele goue glans deur dit liggies met Smashbox Brow Tech Highlight Stick in Gold Shimmer (R280) in te vul – hiér verduidelik ons jou stap vir stap.

smashbox brow pencil wenkbroue gold shimmer

Bronne: www.dailymail.co.uk, www.wmagazine.com, www.people.com

 

20160429_VGB Tag

Só mooi! Chanel se modeparade in Havana se hoofstraat