FOTO Instagram / @lorealparisofficial

FOTO Instagram / @lorealparisofficial

Skoonheidstories

Wat sê jou lipstiffie se vorm oor jou?

Lipstiffie is een produk wat byna elke vrou in haar grimeersakkie het. Of jy gereeld lipstiffie dra of nie, hóé jy dit aanwend, kan mettertyd die vorm van die lipstiffie-punt verander.

Die SARIE-skoonheidspan het ’n interessante artikel op die gewilde Amerikaanse skoonheidsblog Into The Gloss ontdek waar die skrywer meen die vorm van jou lipstiffie verklap dalk iets meer oor jou. Dis natuurlik glad nie ’n wetenskaplike waarneming nie, maar ons dink tog dis lekker leesstof …

So wat sê jou lipstiffie-vorm oor jou?

Jou lipstiffie-punt is gewoonlik plat …

Wanneer jy lipstiffie aanwend, is jy geneig om die lipstiffie hard teen jou lippe te druk en dit vinnig aan te wend. Jy het ’n staatmaker-kleur soos rooi of nude wat jy oral saamdra en wend dit gereeld deur die dag aan.

Lipstick shapes Infographc2Jou lipstiffie-punt het ’n effense kurwe …

Jy dra nie gereeld lipstiffie nie, gewoonlik net met spesiale geleenthede. Dis vir jou lekkerder om die regte lipstiffieskakering as bekomstigheid by jou uitrusting te kies as om elke dag ’n staatmaker-lipstiffie aan te wend.

Lipstick shapes InfographcJou lipstiffie-punt het ’n dramatiese kurwe …

Jy is lief vir lipstiffies en het ’n wye verskeidenheid skakerings in jou skoonheidskas. Jy wend gewoonlik jou lipstiffie sorgvuldig aan en gebruik die vorm om jou lippe te definieer en netjiese lyne te trek.

Lipstick shapes Infographc3

Wat dink jý?

Dink jy die beskrywings is akkuraat?

  • JA
  • NEE

 

Dít weet ons wel … selfs al knyp die ekonomie, blý lipstiffie gewild!

Jy draai jou sente om, maar knyp tog oë toe en koop lipstiffie … en voel sommer reg om die wêreld aan te durf. Dis bekend as die lipstiffie-effek: in ekonomiese krisistye daal die verkope van byna alle verbruikersgoedere, maar dié van skoonheidsprodukte styg. Ook in SA het skoonheidsprodukte se verkope vanjaar met sowat 4% gestyg, ondanks die ekonomie, berig www.globalcosmeticsnews.com. Janine van der Walt van Max Factor en Bourjois sê die plaaslike aanvraag na hul helderpienk en rooi lipstiffies word die laaste maande al hoe groter. Verskeie skakerings van Bourjois se topverkoper-lipstiffiereeks, Rouge Edition Velvet, is soms selfs heeltemal uitverkoop!

@a.n.0.n.y.m.u.j has the perfect pout with #souffledevelvet in 06 Cherryleaders

A photo posted by @bourjois_uk on

Bronne: www.intothegloss.com, www.dailymail.co.uk, www.globalcosmeticsnews.com

Lees nou

VIDEO: 7 wenke vir gesonde somerhare!

Is daar nou meer narsiste in die wêreld?