Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?
Vererger vroue dalk die voorkoms van selluliet? Ons het twee hubare mans gepols oor wat hulle werklik van selluliet dink.
WAT SÊ DIE MANS
Neil Sandilands, akteur
Hoe voel jy oor selluliet?
Wat vir my aanloklik of net plein mooi is, is hoe gemaklik 'n vrou met haar package is.
Waarna kyk 'n man as hy na boude loer?
Boudjies is sulke ongelooflike goed waarmee ons geskape is - vir my is dit wat ons menslik maak. Boudjies kan soveel dinge wees: komies of verleidelik - en dit het verskillende betekenisse in verskillende kulture.
Waarvan hou jy aan 'n vrou se lyf?
Elke klein nuk en hoekie - van haar kleintoontjie tot by haar oorlel. Vroue ruik anders en voel anders en het ander kurwes op ander plekke - what is not to love?
Wat sal jy vir 'n meisie sê wat kla oor haar selluliet?
Dit moet liewer daaroor gaan dat jou liggaam gesond is, jou bloeddruk lekker is en jou spiere geoefen, dan is alles reg.
Jan Blohm, sanger
Dink jy vroue is onnodig obsessief oor selluliet?
Nee, ek dink dit het te doen met die grotvrou-sindroom. Ek glo vroue streef onbewustelik na 'n perfekte liggaam om aantreklik vir die teenoorgestelde geslag te wees. Om vrugbaar voor te kom, sê die samelewing jy moet jonk en mooi lyk.
Sien mans dit ooit raak?
Ek dink elke man het 'n verskillende stel reëls, gelowe en dus fokusse vir 'n vrou om aantreklik te wees. My fokus is intelligensie. Ek sien dit raak met my oë, maar nie met my hart nie.
Wat sal jy vir 'n meisie sê wat kla oor haar selluliet?
Om haar fokus te verander weg van die klein goedjies wat nie perfek is nie, na die enorme hoeveelheid goed wat pragtig is.
Waarvan hou jy die meeste van 'n vrou se lyf?
Mooi, versorgde voete en hande.
Verwante artikels
-
Basiese Power Plate-program spesifiek vir selluliet
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 20
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg ...
-
Kyk net hoe lyk Neil Sandilands!
SARIE - Oktober 2010 | Kommentaar: 2
Wie skuil agter die baard?
-
Neil Sandilands skiet film in Los Angeles - kyk die toneel
SARIE - Junie 2010
Neil Sandilands (7de Laan se Bart) spandeer onlangs heelwat tyd in Los Angeles. Daar het hy ook vir Esta TerBlanche raakgeloop, en soos Huisgenoot in April vanjaar berig het.
-
Tem jou selluliet met 2 groentesop-resepte
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 15
Tot siens, selluliet! Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor. Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy 'n gróót verskil sien. Ons wys hoe in jou November-SARIE. Hier's solank twee lekker sop-resepte
-
Tot siens selluliet - doen dit só
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 3
Jy kan in 14 dae tot 3 kg verloor! Jou selluliet gaan klaar effe beter lyk, en ná 3 maande sal jy ’n gróót verskil sien. Dis nou as jy ons (maklike) eet- en oefenplan volg . . .
-
Wat sê Nataniël en Chris Chameleon oor rooi lippe...
SARIE - Oktober 2009 | Kommentaar: 2
Rooi op almal se lippe. Maar wat sê die manne?
















Kommentaar
Gladys het gesê:
en as jou man na jou rekmerke verwys as kameelperd kolle? dan laat die die vrou maar wonder en gryp na elke room op die rak om beter te wil lyk vir hom...
15de Nov. 2010, 09:38LUCAS het gesê:
Ja nee ek stem saam met NEIL ,vroue kan tog nie menslike kenmerke weg wens nie.vroue dit gaan tog nie oor die uiterlike nie,maar ook jou as persoon,elke vroulike liggaam is n meester stuk.
11de Nov. 2010, 08:46Petro het gesê:
Neil wil jy nie maar die man in my lewe word nie....jy klink na n man wat n vrou sal aanvaar soos wat sy is...geen hang ups nie!!! Ek hou daar van!
27ste Okt. 2009, 15:06Anmie het gesê:
Wel gedaan... net jammer ons vroue kan dit nie so maklik aanvaar soos wat hul dit se nie.
27ste Okt. 2009, 11:39Elize M het gesê:
Sjoe dit is mos nou twee manne so na 'n vrou se hart die hoor! Dit wat hulle se is tog so waar!
26ste Okt. 2009, 15:02