Skoonheidstories

Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?

WAT SÊ DIE MANS

[box:full:grey:both]

Neil Sandilands, akteur

[/box]

Hoe voel jy oor selluliet?
Wat vir my aanloklik of net plein mooi is, is hoe gemaklik ‘n vrou met haar package is.

Waarna kyk ‘n man as hy na boude loer?
Boudjies is sulke ongelooflike goed waarmee ons geskape is – vir my is dit wat ons menslik maak. Boudjies kan soveel dinge wees: komies of verleidelik – en dit het verskillende betekenisse in verskillende kulture.

Waarvan hou jy aan ‘n vrou se lyf?
Elke klein nuk en hoekie – van haar kleintoontjie tot by haar oorlel. Vroue ruik anders en voel anders en het ander kurwes op ander plekke – what is not to love?

Wat sal jy vir ‘n meisie sê wat kla oor haar selluliet?
Dit moet liewer daaroor gaan dat jou liggaam gesond is, jou bloeddruk lekker is en jou spiere geoefen, dan is alles reg.

[box:full:grey:both]

Jan Blohm, sanger

[/box]

Dink jy vroue is onnodig obsessief oor selluliet?

Nee, ek dink dit het te doen met die grotvrou-sindroom. Ek glo vroue streef onbewustelik na ‘n perfekte liggaam om aantreklik vir die teenoorgestelde geslag te wees. Om vrugbaar voor te kom, sê die samelewing jy moet jonk en mooi lyk.

Sien mans dit ooit raak?

Ek dink elke man het ‘n verskillende stel reëls, gelowe en dus fokusse vir ‘n vrou om aantreklik te wees. My fokus is intelligensie. Ek sien dit raak met my oë, maar nie met my hart nie.

Wat sal jy vir ‘n meisie sê wat kla oor haar selluliet?

Om haar fokus te verander weg van die klein goedjies wat nie perfek is nie, na die enorme hoeveelheid goed wat pragtig is.

Waarvan hou jy die meeste van ‘n vrou se lyf?

Mooi, versorgde voete en hande.

  • Elize M

    Sjoe dit is mos nou twee manne so na ‘n vrou se hart die hoor! Dit wat hulle se is tog so waar!

  • Anmie

    Wel gedaan… net jammer ons vroue kan dit nie so maklik aanvaar soos wat hul dit se nie.

  • Petro

    Neil wil jy nie maar die man in my lewe word nie….jy klink na n man
    wat n vrou sal aanvaar soos wat sy is…geen hang ups nie!!! Ek hou daar
    van!

  • mtnKAl rxpdpkexiryz, [url=http://twdzzvuttqac.com/]twdzzvuttqac[/url], [link=http://icudsdonecim.com/]icudsdonecim[/link], http://vkjeilzjvvto.com/

  • RELfjK fhtzyysppxua, [url=http://fruaahdfupoa.com/]fruaahdfupoa[/url], [link=http://lepmsczcdaow.com/]lepmsczcdaow[/link], http://selgaxehlgkw.com/

  • LUCAS

    Ja nee ek stem saam met NEIL ,vroue kan tog nie menslike kenmerke weg wens nie.vroue dit gaan tog nie oor die uiterlike nie,maar ook jou as persoon,elke vroulike liggaam is n meester stuk.

  • en as jou man na jou rekmerke verwys as kameelperd kolle? dan laat die die vrou maar wonder en gryp na elke room op die rak om beter te wil lyk vir hom…