Wat sê Nataniël en Chris Chameleon oor rooi lippe...
Rooi op almal se lippe. Maar wat sê die manne?
Hou jy van rooi lipstiffie?
Net soms. Dit val in dieselfde kategorie as vals wimpers, swart oogskadu, bont naels, stilettos
of baie lang hare – dis óf fantasties óf afgryslik. Daar is nie ’n middeweg nie.
Dink jy enige vrou kan dit dra?
Glad nie. Dit hang af van ouderdom (ja, daar kom ’n dag!), persoonlikheid, die grootte en vorm van die mond, die vrou se lengte en die vaardigheid waarmee dit aangewend word. Soos enigiets wat ’n sterk indruk maak, het dit ’n goeie oog nodig om regtig te werk. Daar is ’n romantiese idee dat rooi lipstiffie onder enige omstandighede iemand spesiaal of sexy maak. Dis nie waar nie, die gevolge is dikwels tragies.
Hou mans van rooi lipstiffie?
Hierdie man wel. Ek hou baie van ’n bietjie lipstiffie.
Wanneer trek ’n rooi mond jou aan?
As die kop agter daardie mond goed aangeskroef en die hart daaronder teer is.
Verwante artikels
-
5 Boekminute met Nataniël
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 1
SARIE-boekeredakteur, Phyllis Green, gesels met Nataniël oor sy nuwe kosboek, kuiertafels en sy liefde vir kos.
-
Chris Chameleon herhaal nog van Ingrid Jonker
Chris Chameleon bou voort op die sukses wat hy behaal het met sy album Ek herhaal jou, wat bestaan het uit toonsettings van die legendariese digter Ingrid Jonker se werk.
-
Chris Chameleon se gunsteling-foto's
SARIE - November 2009
-
Die nuwe rooi reëls . . .
SARIE - Oktober 2009
-
Rooi op jou vingerpunte
SARIE - November 2009
Deesdae is dit nie ’n modeflater as jou rooi lippe nie perfek by jou naels pas nie. Kies een van dié opwindende skakerings.
-
Satyn-lippe en 'n vel wat gloei
SARIE - Desember 2009
"Sterk bessie- en selfs sitruskleurige lippe is groot nuus hierdie somer," sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe.
-
Sexy oë en 'n pruilmond
SARIE - Desember 2009
Die einde van die jaar is hier – partytjietyd! Die grimeerkunstenaar Liz van der Merwe vertel hoe jy dié vakansie op jou mooiste kan lyk vir die groot feesviering.
-
Wat sê manne soos Neil Sandilands en Jan Blohm oor selluliet?
SARIE - November 2009 | Kommentaar: 5
Vererger vroue dalk die voorkoms van selluliet? Ons het twee hubare mans gepols oor wat hulle werklik van selluliet dink.
















Kommentaar
Madre Theron het gesê:
ek dra al amper 10 jaar nie meer rooi lipstif of naellak nie. dis soos nataniel met reg se dat rooi 'n ouderdomsperk moet he!
12de Okt. 2009, 18:16Emma het gesê:
Ek's mal oor rooi, veral rooi lipstiffie en naellak!
8ste Okt. 2009, 15:40