mood lipstick lipstiffie lees nou
Skoonheidstories

Watter SARIE lipstiffie-kleur is jóú perfekte pasmaat?

Doen nóú ons toets en vind uit! Vir die komende kouer maande het SARIE spesiaal vier nuwe moet-hê-lipstiffie-skakerings vir jou gekies: Son-oranje, Valentynrooi, Verliefpienk en Tikkieroos. Van klassiek tot varsmodern – dié kleure is so opwindend soos ’n splinternuwe klerekas.

Heino Schmitt nou deel van ‘Pasella’-span

Lipstiffie bly maar net een van ons gunsteling-skoonheidsprodukte. Dit kan jou voorkoms in ’n kits ophelder en vir baie is hul lipkleur ’n skoonheidskenmerk. Of jy van helder sien-my-raak lippe hou of ’n meer neutrale skakering verkies, kry dié maand al vier skakerings saam met jou Maart-uitgawe van SARIE wat tot 13 Maart op die rak is.

sarie lipstiffiesDisney-prinsesse op Oscar-rooitapyt

Watter SARIE lipstiffie-kleur pas die beste by jou?

Beantwoord die volgende paar vragies en vind uit!

My gunsteling-sosialemediaplatform is...

  • Twitter
    Twitter
  • Pinterest
    Pinterest
  • Instagram
    Instagram
  • Facebook
    Facebook

Hoe bly jy fiks?

  • Joga
    Joga
  • Hoë-impak oefening soos Crossfit
    Hoë-impak oefening soos Crossfit
  • Pilates
    Pilates
  • Aërobiese klasse in die gimnasium
    Aërobiese klasse in die gimnasium

My gunsteling-skoene in my kas is...

  • ’n paar gemaklike sandale
    ’n paar gemaklike sandale
  • my hoë hakke
    my hoë hakke
  • ingeleefde brogues van leer
    ingeleefde brogues van leer
  • ’n paar stylvolle sneakers
    ’n paar stylvolle sneakers

My idee van ’n droomvakansie...

  • Rustige vakansie in die bosveld
    Rustige vakansie in die bosveld
  • Avontuurlustige staproete
    Avontuurlustige staproete
  • Ontspannende seevakansie
    Ontspannende seevakansie
  • Luukse toer na New York
    Luukse toer na New York

My gunsteling-geur is...

  • ’n Soet geur met ongewone note
    ’n Soet geur met ongewone note
  • ’n Ligter geur met blom- en sitrusnote
    ’n Ligter geur met blom- en sitrusnote
  • ’n Vars geur met aardse note
    ’n Vars geur met aardse note
  • ’n Swaarder, elegante vroulike geur
    ’n Swaarder, elegante vroulike geur

My perfekte naweek bestaan uit...

  • Opwindende sosiale geleenthede
    Opwindende sosiale geleenthede
  • Enige buitelug aktiwiteite
    Enige buitelug aktiwiteite
  • ’n Koppie koffie met ’n goeie boek
    ’n Koppie koffie met ’n goeie boek
  • ’n Gesellige kuier saam met my beste vriendinne
    ’n Gesellige kuier saam met my beste vriendinne

Jou resultaat!

Stylvol, elegant en altyd aan die gang. Mense wíl om jou wees en in groot groepe is jy gewoonlik die ster. Jy hou van partytjies hou en is ’n fantastiese gasheer... Jóú lipstiffie-kleur is Valentynrooi! Vind hier uit hoe om jou kleur te dra.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jy is stylvol en kan deur ’n ring getrek word, tog is daar geen pretensie by jou nie. Jy’s gemaklik met wie jy is en jy aanvaar almal om jou vir wie húlle is. Wie wil nie jou vriendin wees nie? Jóú lipstiffie-kleur is Verliefpienk! Vind hier uit hoe om jou kleur te dra.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jy is ’n warm en gesellige mens en mense praat graag oor jou groot hart. Jy sal nooit nee sê vir ’n avontuur nie en hou daarvan om spontaan te wees en te waag met nuwe tendense, kleure en style. Jóú lipstiffie-kleur is Son-oranje! Vind hier uit hoe om jou kleur te dra.
Begin van voor?

Jou resultaat!

Jy’s ontspanne en maak die mense om jou rustig. Vir jou is ‘stres’ slegs ’n woord in die woordeboek, en hoewel jy altyd besig is, maak jy op een of ander manier tyd om alles op jou rustige manier af te handel. Jóú lipstiffie-kleur is Tikkieroos! Vind hier uit hoe om jou kleur te dra.
Begin van voor?

Bobby van Jaarsveld se pienkvoet kom byna