FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Weekdagwenk: Die waarheid agter mites oor haarverlies

Jou hare is jou kroon. Maar soos ons ouer word, kan dit leweloos begin voel en selfs yler raak. “Die wêreld is vol mites oor haarverlies en maniere om dit te voorkom, maar die meeste daarvan is net halwe waarhede,” sê Maameya Dankwa, handelsmerkbestuurder van Vigro, ’n produkreeks wat haarverlies weens eksterne faktore beveg. Hiér deel sy die waarheid agter vyf van dié mites:

Johnny Depp gesig van nuwe parfuum – lees meer!

1. Kan jou hare begin uitval en yler word as jy gereeld ’n hoed dra?

As jou hoed te styf sit, kan dit jou hare uittrek wanneer jy dit afhaal, sê Maameya. As jy gereeld ’n hoed dra, kan dit ook veroorsaak dat jou kopvel baie sweet. Die sweet gaan lê dan binne-in jou haarfollikels en blokkeer dit. Dit kan gesonde haargroei belemmer. “Maak seker jy was jou hare gereeld met ’n sjampoe wat geformuleer is om onsuiwerhede van jou kopvel te verwyder,” sê Maameya. Jy kan ook jou kopvel liggies masseer wanneer jy jou hare was om haargroei te stimuleer.

2. Kan net mans aan haarverlies lei?

Geneties lei meer mans aan haarverlies as vroue. Maar daar is baie eksterne faktore wat kan veroorsaak dat mans en vroue se hare dunner word of uitval, soos stres, ’n ongebalanseerde dieet, besoedeling en die gebruik van sekere medikasie. “’n Gesonde liggaam en verstand sal sorg vir gesonde hare.”

3. Kan jy haargroei bevorder deur op jou kop te staan?

Die oorsprong van dié mite is heel moontlik die idee dat hare begin dunner word en uitval wanneer daar nie genoeg bloedtoevoer na jou haarfollikels is nie. Volgens Maameya speel gesonde bloedvloei inderdaad ’n belangrike rol by gesonde haargroei omdat dit voedingstowwe en suurstof na jou hare vervoer. “Verminderde bloedvloei is egter eerder ’n simptoom van haarverlies en nie die oorsaak nie omdat jou liggaam nie bloed gaan vervoer na haarfollikels wat nie meer aktief is nie.

“’n Gesonde liggaam en verstand sal sorg vir gesonde hare.”

4. Kan ’n warm stort jou hare laat uitval?

Hoewel hitte nie noodwendig jou hare se beste vriend is nie, gaan koue water nie jou hare vinniger laat groei of haarverlies verhoed nie, sê Maameya. Solank jou stortwater nie kokend is nie, kan jy sonder kommer ’n warm stort geniet.

5. Word haargroei aangewakker as jy jou hare verskeie kere ’n dag borsel?

Nie noodwendig nie. Sommige kenners meen dit kan skadelik wees as jy jou hare te veel borsel. Dit veroorsaak wrywing tussen jou hare en beskadig jou haarkutikels (die buitense deel van jou hare), wat hare vaal kan laat lyk. Volgens Maameya is net een of twee keer se borsel per dag genoeg.

Topshop spog met ’n Jenner-reeks

Probeer dié produkte:

  1. Vigro 3-Step System (Pryse wissel van R83 tot R153). By www.nativa.co.za of skakel 0860 628 482
  2. L’Oréal Professionnel Serioxyl Denser Hair Everyday Treatment (R536). By uitsoeksalonne
  3. SynergiCare Immediate Repair Intensive Care Mask (R195). By uitsoeksalonne
  4. Schwarzkopf BC Scalp Therapy Deep Cleansing Shampoo (R217). By uitsoeksalonne
  5. Inoar DayMoist Shampoo en Conditioner (R220 elk). By uitsoeksalonne

Ena Murray sterf of 78