FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

FOTO Veronique Beranger / Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Weeksdagwenk: Glo jy een van dié skoonheidsmites?

Die skoonheidswêreld is vol mites, veral wanneer dit kom by velsorg. Hiér deel die skoonheidshuis Olay drie algemene velsorgmites en hoe jy dié foute kan regmaak vir ’n gesonde, stralende vel.

Jennifer Lopez se korter haarstyl én dieet onthul

Mite 1: Jy hoef nie jou skoonheidsprodukte aan te pas soos wat die seisoene verander nie

Net ’n paar minute buite op ’n koue of winderige dag kan onmiddelik ’n uitwerking op jou vel hê. Omdat koue lug veral hard op jou gesig is kan langdurige blootstelling lei tot rooiheid en die vorming van gebreekte aartjies op jou wange, ken en rondom jou neus. Dis daarom goed om tydens die koue-seisoene deur die dag ’n vogroom en ’n sonskerm met ’n SBF van 30 of meer aan te wend. Wend dan in die aand ’n ryk vogroom aan om jou vel vogtig en soepel te hou.

Mite 2: Daar is nie ’n regte of verkeerde manier om vogroom aan jou gesig aan te wend nie

Daar is! Was altyd jou hande voordat jy enige produk aan jou gesig aanwend om infeksie of die verspreiding van bakterieë te keer. Begin in die middel van jou gesig en wend jou vogroom in ’n opwaartse rigting aan sodat jy nie jou vel af trek nie. Moenie jou room invryf nie. Masseer dit eerder liggies en eweredig.

Mite 3: Ek het nie agt ure se slaap nodig om mooi te lyk nie

Wanneer ons slaap herstel ons vel en liggaam. Te min slaap kan daarom op jou vel wys. Fyn lyntjies en plooie kan duideliker word, jou vel kan vinniger vog verloor en jou vel se natuurlike herselproses kan vertraag word. Maak altyd seker jy reinig jou vel goed en verwyder altyd jou grimering voor jy gaan slaap. Dis ook goed om ’n vogroom wat vitamien B3 bevat in die aande te gebruik. Dit herstel jou vel se natuurlike beskermingslagie wat jou gelaat vars en helder laat lyk.

Dié woorde is nou in die woordeboek – lees hiér!

Probeer dié produkte:

  1. Olay Regenerist 3-Point Super Serum (R270)
  2. Dr. Hauschka Rose Day Cream (R422 vir 30 ml). By Woolworths en gesondheidswinkels
  3. Clarins UV Plus Anti-Pollution Day Screen Multi-Protection SPF 50 (R465)
  4. Estée Lauder Revitalizing Supreme Global Anti-Aging Creme (R895 vir 50 ml)
  5. Placecol Maximum Hydro Night Daily Moisturiser (R370). By Placecol-salonne

 

Kaley Cuoco gaan groot met haar pienk hare – lees meer!