MONTBLANC - LADY EMBLEM - 75ML (2)
Skoonheidspromosie

WEN ’n parfuumgeskenkpak ter waarde van R2 600

Vind jy die geur van rose onweerstaanbaar? Dan is Montblanc se nuutse vroueparfuum, Montblanc Lady Emblem, met roos as sterbestanddeel, die perfekte toevoeging tot jou parfuumversameling.

Die luukse bottel is net so verleidelik soos die geur self. Dit is ’n replika van die Montblanc-diamant wat spesiaal vir hul 100ste herdenking ontwerp is. Montblanc se bekende wit ster-embleem was die inspirasie agter dié eiesoortige diamant met sy 43 skitterblink fasette. Dit het ’n volle agt jaar geneem om die ontwerp te vervolmaak!

Die sensuele vrugtige blomgeur is ’n kombinasie van ligte, vars note en swaarder houtagtige geure:

  • Die topnote bestaan uit speseryagtige pienkpeper en sprankelende pienk pomelo.
  •  Roos-saki is die kroonbestanddeel. Dit word verkry deur ’n gesofistikeerde distillasie-proses. Dié noot is uniek omdat dit die een oomblik na roos ruik en die volgende oomblik na vrugte soos lietsjie en varsgesnyde gras. Ander note wat deel uitmaak van die parfuum se hart is Chinese jasmyn en granaat.
  •  Sandelhout en muskus in die basis gee ’n dieper, poeieragtige geur aan die parfuum.

Het jy geweet?

*Montblanc (ook geskryf Mont Blanc) is die Franse woord vir “wit berg”.

*Montblanc se wit ster-embleem met sy ses punte verteenwoordig die Mont Blanc-berg se sneeubedekte piek van ’n bo-aansig. Dit is die hoogste berg in die Alpe.

*Hoewel Montblanc bekend is vir hul luukse penne, vervaardig hulle ook horlosies, fyn juwele, brilrame, leergoedere en parfuums.

*Montblanc het hul eerste parfuum, Presence, in 2001 bekend gestel – ’n Oosterse speserygeur vir mans. Hul eerste vrouegeur, Présence d’Une Femme, het ’n jaar later die lig gesien.

WEN ’n geskenkpak ter waarde van R2 600

wenvirweb

Dít sluit in: 1 x Montblanc Lady Emblem 75 ml EDP | 1 x Montblanc Ladies Bag | 1 x Montblanc Emblem EDT

*Die wedstryd sluit op 24 Oktober 2016.

Ja! WEN 'n Montblanc vroue en mans Emblem-geskenkpak

Jy kan 'n Montblanc vroue en mans Emblem-geskenkpak ter waarde van R2 600 wen. Al wat jy moet doen is om die eenvoudige vraag te antwoord.

Prys van Montblanc Lady Emblem EDP:

R745 vir 30 ml | R995 vir 50 ml | R1 195 vir 75 ml

  • Juanita Swanepoel

    hou styf duime vas

  • Lorraine Futcher

    Sjoe ek hou baie van die geskenk