sr0910skoonnou_18_
Skoonheidstories

Skoonheidnuus Oktober 2009

As één mooimaakding belangriker is as rooi lipstiffie, is dit moderne maskara. Ál meer vroue kan nie
daarsonder klaarkom nie. Deesdae sorg dié staatmaker in jou grimeersakkie vir heelwat opwinding en drama: Vibrerende maskaras het verlede jaar die skoonheidswêreld laat gons, en unieke borsels en verbeterde formules gee nou daardie ekstra lang, perfek gedefinieerde wimpers. Pak maar die
vals wimpers weg . . .

Watter een?
Soos met enige swart rokkie is daar ’n maskara vir elke vrou. Ons het 12 nuwes op die proef gestel om te sien wat elkeen uniek maak.

Vir volume

L’Oréal Extra-Volume Collagene Mascara in Brown (R129,95)
Hoekom?  Hierdie formule bevat hidra-kollageen vir volheid.  Die ekstra groot borsel is ook ideaal vir volume.

Maybelline Colossal Volum’ Express Mascara in Glam Black (R99,95)
Hoekom? Die formule is verryk met kollageen, wat wimpers versterk en volume gee. Die ekstra groot borsel se haartjies is wyd gespasieer.

Yardley Lash Advanz Volume Mascara (R79,95)
Hoekom? Die unieke silikoonborsel lig en skei elke wimper om definisie te gee. Die formule bevat likoproteïen en vesels vir volume, terwyl D-pantenol wimpers opknap en voed.

Vir lengte en krul

Rimmel Sexy Curves Intense Black (R89,95)
Hoekom? Die golwende plastiekborsel se kammetjies kan selfs die kortste wimpers raakvat en vorm gee.

Chanel Exceptionnel de Chanel in Noir Obscur (R350)
Hoekom? Hierdie seskantige borsel het drie rye haarborseltjies wat volume gee en drie rye plastiek-kammetjies wat wimpers krul en verdeel.’n Polimeer in die formule maak dit smeerbestand, terwyl sellulose volume gee. (Eksklusief by Edgars.)

Christian Dior Diorshow Iconic Extreme Mascara (R375)
Hoekom? Die borseltjies is teen ’n helling gerangskik om baie kort wimpers by te kom, te krul en te bedek.
Polimeerkorreltjies in die formule gaan lê tussen wimpers om elkeen afsonderlik te definieer. (Eksklusief
by Edgars.)

Vir definisie

Givenchy Phenomen’Eyes High-Precision Panoramic Mascara in Phenomen’Black (R315)
Hoekom? Met hierdie sfeervormige borsel kan jy maskara tot teenaan jou wimpers se wortels kry óf net die boonste wimpers aan die buitehoeke beklemtoon. Carbon Black,’n organiese pigment, verskaf intense
kleur en is meer gekonsentreerd as die ysteroksiede wat gewoonlik in maskara gebruik word. (Eksklusief by Edgars.)

Lancôme Ôscillation Water-Resistant in Black Motion (R365)
Hoekom? Lancôme volg hul vibrerende maskara op met hierdie waterbestande vibrerende een. Die besonderse borsel gee definisie en die nuwe waterbestande formule is opgewasse teen trane, vogtige lug en sweet.

Revlon Double Twist Mascara in Blackest Black (R130)
Hoekom? Hierdie twee-in-een-borsel het gewone borseltjies wat wimpers verdik en krul en plastiek-kammetjies tussen-in wat elke wimper afsonderlik definieer.

Vir ’n valswimper-effek

Yves Saint Laurent Luxurious Mascara For A False Lash Effect in High Density Black (R345)
Hoekom? Die borsel is spesiaal ontwerp om saam met die unieke formule te werk: Dit knap wimpers
op vir ekstra krul en provitamien B5 en bioaktiewe suikers keer dat wimpers uitdroog.

Max Factor False Lash Effect Mascara in Black (R125)
Hoekom? Die ekstra groot borsel verdik wimpers dramaties, terwyl die Liquid Lash-formule lengte verskaf.
Dis Max Factor se grootste maskaraborsel nóg en het 50% meer borseltjies as hul Max Factor Masterpiece Max Mascara. (Eksklusief by Clicks.)

Model Co Fibre Lash Brush On Lashes (R340)
Hoekom? Dit verleng in 3 stappe:
Die Extension Mascara bedek wimpers in ’n diep swart kleur, waarna die Lash Fibres hulle verleng met nylonvesels. Herhaal die Extension Mascara om wimpers sag en vogtig te hou met waks. (Eksklusief by uitsoekwinkels van Edgars en Red Square.)

Hoe?

Begin teenaan die haarwortel wanneer jy maskara aanwend – dit skerp die illusie van oogomlyner

 

Hoe?
Draai maskara teen ‘n 80°-hoek en trek uitwaarts, in die rigting van die ooghoeke. As jy maskara reguit boontoe trek, kan dit ’n ‘poppie’- voorkoms skep