sr0905f_b224
Skoonheidstories

Winterkure

1. Versorg jou binneste
Winter is dié tyd om jou kragte te herlaai. “Dié seisoen gee jou kans om na binne te kyk en oor jou
lewe te besin. Wanneer jy deur emosies werk, veral hartseer emosies, is warmte in jou lewe nodig, soos
met heerlike produkte,”sê Renchia Droganis, skepper van die Africologyvelsorgreeks.
Renchia glo daar skuil heelwat meer sin in jou emosies as wat jy dink:“Elke 28 dae is dit volmaan. Jou liggaam volg ook hierdie siklus: Jou vel vernuwe elke 28 dae en jou menstruele siklus is ook elke 28 dae. Aan die einde van jou lyf se 28 dae-siklus hou jou liggaam water terug, en dis simbolies van jou emosies wat na die oppervlak beweeg. Soos die maan sy lig op die aarde skyn, kry ons meer helderheid
oor opgekropte emosies (al noem ’n mens dit PMS!).”
Sy sê dat die volmaan ook simbolies is van voltooiing, en in die winter, wanneer jy geneig is om meer na te dink, kan jy jouself voorberei op die vernuwing wat met die lente kom.
Besoek www.africology.co.za vir meer inligting.

Vertrou gemmer om die winterkoue te verdryf. Gebruik Africology Body Balm In
Ginger (R175) direk op jou vel of los ’n bietjie in jou badwater op.
Sout uit die 7 seë maak Crabtree & Evelyn Purify SevenSalts Seas Bath (R900) uniek.
Bring die son se warmte na jou gesig met Guerlain Terracotta Illuminating Sun
Powder (R745).
Beklemtoon jou beste eienskappe, soos wang en
sleutelbene, met Yardley Stayfast Pressed Powder In Caramelised (R74,95).

2. Eenvormig
Verbronsers bly nie meer die hele winter in die kas nie. “‘n Verbronser gee jou vel dadelik ‘n gesonde, songekuste voorkoms. Jy kan dit ook gebruik om jou vel warmte te gee en oneweredige kleur eenvormig te laat lyk,”sê Amerikaanse grimeer-ghoeroe Bobbi Brown.’n Verbronspoeier bring boonop kontoere op jou gesig na vore, soos om jou wangbene te beklemtoon.
“Gebruik altyd ‘n blosser bo-oor jou verbronser,”sê Bobbi. Volgens haar is heelparty vroue se gesig en décolletage donkerder as hul nek – ‘n verbronser is ideaal om hierdie kontras te versag en jou nek ‘n sprankie warmte te gee.

*Bobbi Brown eksklusief by Edgars.

3. Pasmaats
Wanneer jy jou grimeerkleure verander om by jou bykomstighede te pas, kry jou voorkoms dadelik oemf. Terrence Bray,modeontwerper van Durban, sê dís die manier om jou voorkoms struktuur te gee: “Dit maak nie saak hóé ‘verkeerd’ jou uitrusting se kombinasies is nie, maar as jy byvoorbeeld jou lippe rooi kleur om by jou rooi skoene te pas, is jou voorkoms dadelik afgerond – op ’n unieke manier.”
Volgens Terrence is die dae van voorspelbare kombinasies getel. “Voorheen was handsakke
en skoene altyd dieselfde kleur,maar dis baie meer opwindend om op ’n onverwagse manier ’n eenheid met jou grimeerkleure te skep.”
“Kleure wat hierdie seisoen goed werk as aksente, is groen, pers en rooi. Die geheim is balans.”

Dior 5 Couleurs Designer all-in-one Artistry Palette in Navy Design
(R760) is ideaal om blou skakerings in jou uitrusting op te tel. Eksklusief by Edgars.

Dra jou rooi M.A.C Colour Ready Lipstick In Impassioned (R130) hierdie winter saam met ’n rooi ring of armband.

4. Soos die natuur dit wou hê.
Beklemtoon nou jou lippe se natuurlike kleur, sê grimeerkunstenaar Liz van der Merwe van Johannesburg:“Winter is ’n tyd van vernuwing en ons keer dikwels dan terug na ons natuurlike self. Lippe lyk op hul beste wanneer jy die natuur bloot ’n hupstoot gee – byna asof jy net liggies met jou tong daaroor gevee het.”
Die natuurlike lip-voorkoms werk volgens Liz goed wanneer jy ’n bietjie meer drama om die oë skep met kleur, kohl-omlyning of ’n hele paar lae maskara. “Gebruik daarby ’n mooi appelkooskleurige blosser.”

Kies vir natuurlike glans een van die 6 blosende beige skakeringsuit Lancôme se nuwe La Laque Fever Gloss Bitten Lips-reeks,soos Kissing Lips Peach (R265).

Verhelder lippe se natuurlike kleur met
Clinique Long Last Glosswear SPF15 In
Knockout Nude (R140).

5. Begin reg
“Onderlaag is een van jou wintersleutelitems,” sê model en aktrise Nerina Labuschagne. “Jou vel het spesiale sorg nodig tydens die kouer, droër maande – daarom is ’n vogtige onderlaag noodsaaklik.”
Sy het op fotosessies geleer jou vel is in die winter minstens 2 skakerings ligter en dat jy jou onderlaag hierby moet aanpas. “As dit koud is, is die aartjies op jou gesig ook meer sigbaar en jou vel dikwels
rooierig.’n Onderlaag sal gou-gou jou natuurlike gloed terugbring.”

Weer die ysigheid af met Estée Lauder Double Wear LightPlace Stay-In-Makeup (R320)wat jou gelaat verhelder

Hou jou velkleur in die koue maande
eenvormig met Revlon Age Defying Spa Foundation SPF18 (R195).

6. Op die punte van jou vingers
Vroue het instinktief verstaan dat ek hulle nie net mooier wou maak nie, maar ook gelukkiger,” het Christian Dior eens gesê.
En hierdie seisoen is die nuwe pienk skakerings in Dior se winter-grimeerreeks die bron van heelparty glimlagte:“Pienk komvan nature in jou lippe en wange voor, en wanneer jy dit in jou grimeerpalet insluit,gee dit dadelik lewe,” sê Diorgrimeerkunstenaar François Ferreira.
Volgens François is naels veralbelangrik, omdat ’n mens hier ’n bietjie kan speel: “Alles wat ons rondom skoonheid doen, is geïnspireer deur Dior se
couture-ontwerpe. Afronding op jou naels gee daardie ekstra detail – net soos’n ontwerpersuitrusting.”


Gee jou lewe dié grouseisoen ’n titsel kleur met Dior Vernis Long-wearing Nail Lacquer In Bubble Gum (R300).Eksklusief by Edgars.

Dramatiese siele kan hulself uitleef met L’Oréal Nail Polish in Drama Queen
(R84,95)

7. Die regte raam
Gillian Lentin, wenkbrou-spesialis, het 6 jaar gelede haar eie studio, brow Xpress, in Melrose Arch, Johannesburg, geopen. Hier sien sy gereeld die foute wat vroue maak: “Daar is beslis ‘n geneigdheid om te veel te pluk,” sê sy. “Die geheim vanwenkbroue is om baba treetjies te gee en te dink oor élke haar wat gepluk word. Wat die vorm van jou wenkbroue betref, moet jy jou deur jou gesigvorm laat lei – volg die natuurlike kontoere,” verduidelik sy.
Gillian glo ook dat mode nie ‘n groot rol behoort te speel nie: “Dis belangriker om te kyk wat by jou pas en jóú gesig die beste sal definieer. Dit help nie jy jaag die mode na net omdat Brooke Shields mooi lyk met swaarwenkbroue nie – vind uit wat werk vir jou.”Besoek www.browxpress.co.za.skoonheid

Skep sjiek wenkbroue met die Tweezerman Mini Slant Tweezer (R115). By Dis-Chem.

Vul jou wenkbroue subtiel in met Estée Lauder Automatic Brow Pencil Duo (R295).

8. Nuwe kroon-kleure
Haarstilis Terence Terenzo van Johannesburg verklap dat heuningbruine en donkerblond gewild is vir die komende winter, maar erken hy hou daarvan om ’n bietjie stroom-op te wees:
Hy wil hierdie seisoen meer met rooie eksperimenteer. “Deesdae kleur ons bruin en blonde hare deur dit in 3 te deel en elke deel ’n ander skakering van bruin te gee. Só kry hare subtiel dimensie.”
Haarstilis Karen van Wyngaard, ook van die Goudstad, vertel dat bruin hare deesdae ook toffiebruin ligstrepe kry. “Blonde hare kry selfs ’n ligte pastelpienk ondertoon. Dit word subtiel gedoen, maar lyk baie treffend.

Sit woema in jou blonde kroon met VO5 Colour Mousse In Silver Blonde (R38).

’n Donkerkop kry’n hupstoot met L’Oréal Casting Crème Gloss Glossy Blacks in Black Cherry (R99,99).


9. Op die oog af
“Pers is hierdie seisoen dié kleurvir oë,”
sê Terrence Bray. “Dis ook eenvan die min kleure wat by alle veltonepas – blondines, brunette en rooikoppelyk almal treffend daarmee,” vertel hy.
Terrence maan wel dat jy pers met mening moet dra: “Dis ’n kleur waarvan jy sommer baie op ’n slag kan dra. Jy kan nie skaam voel as jy pers aanhet nie!”Vir hom simboliseer pers spiritualiteit en koninklikheid – dit geejou dadelik ’n hupstoot. “Kombineer dit nou met groen, oranje of blou,” sê hy.

Lig oombliklik jou gemoed met die pers skakerings in Kanebo Sensai Eye Shadow
Palette In ES04 (R520)

Pers en grys sorg vir ’n treffende kombinasie in Clarins Colour Quartet For Eyes In So Chic (R395).

10. ’n Helder oomblik.
“Skoonheid begin met ’n gladde, gesonde en gloeiende vel,”
sê grimeerkenner Bobbi Brown. Volgens haar kan elke mens ’n velkenner wees as jy verstaan hoe jou leefwyse jou vel beïnvloed en hoe die vel werk, en as jy jou veltipe kan eien.
In haar nuwe boek,
Bobbi Brown Makeup Manual, vertel sy dat ’n gesonde, holistiese benadering noodsaaklik is: “Hoe jou vel lyk, reageer en verouder, is dalk oorerflik, maar jy kan dit verbeter deur goed vir jou vel te sorg,” sê sy. Sy verduidelik dat sy op bevogting fokus: “Jou vel se elastisiteit is afhanklik van water in die onderliggende weefsel. Olie isjou vel se natuurlike beskermer wat voorkom dat vog daaruit ontsnap. Wanneer jy jou vel vog gee, help dit jou vel om ferm te bly en dit lyk sagter, gladder en helderder.”

Bevog luuks met die alge-ekstrak en kukuineutolie in Bobbi Brown Hydrating Face Cream (R450).

Jou vel kry snags kans om te herstel met Elizabeth Arden Intervene Stress Recovery Night Cream (R430).