Skoonheidstories

Wintersorg vir jou hare

Vaal lewelose hare in die winter? Nog nooit! Nie met vandag se buitengewoon slim produkte wat jou hare vertroetel nie. En met bekendes soos Eva Longoria, Naomi Watts en Blake Lively se glansende lokke wat ons inspireer, wil ons sommer nóú winkel toe hol!

Kyk net watter hulp vir hare is daar alles …

Aanbly-opknapper

Ryker as ’n gewone opknapper, maar ligter as ’n masker. ’n Aanbly-opknapper (leave-in conditioner) is ’n ou gunsteling wat jou hare ekstra bevog.

Perfek vir: As jy gereeld jou hare stileer of sukkel met droë hare, sal ’n aanbly-opknapper jou hare bevog en beskerm. Maak jou hare liggies droog met ’n handdoek en wend die opknapper aan van die middel van jou hare na die punte. Vermy jou kopvel en die hare naby jou wortels.

Probeer: Schwarzkopf Gliss Hydra Miracle Express Repair Conditioner (R90). By Clicks

This coppery hair keep on inspiring us @kristin_ess #lorealhair #hairobsession #copperhair #longhair #curlyhair

A photo posted by L’Oréal Paris Hair Official (@lorealhair) on

Haarmasker

Ryk en romerig. ’n Masker is ’n luukse bederf vir jou kroon en dring jou hare diep binne om dit te voed.

Perfek vir: Maskers is ontwikkel om jou hare te voed, terwyl opknappers hoofsaaklik bevog en help om van knope in jou hare ontslae te raak. Jy gebruik ’n masker gewoonlik een of selfs twee keer ’n week, na gelang van jou hare se toestand. Was eers jou hare en druk dit liggies droog met ’n handdoek voor jy dit aanwend. Los dit aan vir sowat 10 minute (of volgens die tyd wat op die verpakking aangedui word) voor jy dit goed afspoel. Jy hoef nie daarna opknapper aan te wend nie.

Probeer: TRESemmé Keratin Smooth Keratin Deep Treatment Masque (R83)

Haarolie

Dis die nuwe sterproduk vir jou hare. Dis veelsydig en gevul met strelende bestanddele soos plantolies wat bevog, beskerm en voed.

Perfek vir: Die molekules van vandag se haarolies is klein genoeg sodat dit jou hare dieper kan binnedring en dit te voed, bevog, reinig en laat blink sonder dat dit olierig voel. Dit bedek ook die haarkutikel om hare gladder en gesonder te laat lyk. Gebruik dit twee tot drie keer ’n week voor of nadat jy jou hare gewas het.

Probeer: Dove Pure Care Dry Oil Nourishing Treatment (R160)

 

Haarserum

’n Serum is nou ook ’n moet-hê-produk in haarsorg. As jy graag blink, gladde hare wil hê, is dié produk jou antwoord. Soos haarolies is serums ontwikkel om jou hare te voed, maar die formule is ’n ligter alternatief. Serums bevat gewoonlik silikon wat jou haarkutikels (die buitenste deel) bedek en jou hare glad laat lyk. Dit weerkaats ook lig sodat jou hare blink. Dis ’n goeie opsie as jy bang is ’n olie is te swaar vir jou hare.

Perfek vir: Krulhare, wat dikwels droog en onnet kan lyk. Hare wat maklik breek of beskadig is deur chemiese behandelings of haarkleur vind ook veral baat by ’n serum. Wend nadat jy jou hare gewas het ’n klein hoeveelheid van die produk van die middel na die punte aan nat hare.

Probeer: L’Oréal Paris Elvive Fibrology Thickness Creation Double Serum (R85)

Schwarzkopf Gliss Hydra Miracle Express Repair Conditioner (R90). By Clicks

Dié aanbly-opknapper bevat aalwyn-ekstrak en bevogtigende peptiede wat jou hare sag en soepel hou.

TRESemmé Keratin Smooth Keratin Deep Treatment Masque (R83)

Woeste hare is makliker om te beheer met dié haarmasker.

Dove Pure Care Dry Oil Nourishing Treatment (R160)

Hare voel versorg danksy dié luukse haarolie.

L’Oréal Paris Elvive Fibrology Thickness Creation Double Serum (R85)

Molekules in die haarserum verdik jou hare vanaf die binnekant sodat jou kroon voller lyk.

*Dele van dié artikel het oorspronklik in SARIE se Julie 2014-uitgawe verskyn.

Lees nou

Breek nou dié 5 grimeerreëls!

Raad vir olierige hare