FOTO: Instagram (@maccosmetics)

FOTO: Instagram (@maccosmetics)

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Oogskadu-skakerings vir winter

Danksy Pantone se rooibruin kleur van die jaar, Marsala, is ongewone oogskadu-skakerings met aardse bruin ondertone soos sampioen, geelbruin, roesbruin en vuil-oranje en -pienk in die kol vir winter.

Het Shia LaBeouf die belaglikste haarstyl ooit?

Backstage at #BenitoSantos, Mercedes-Benz Fashion Week Mexico #MBFWMX

A photo posted by M∙A∙C Cosmetics (@maccosmetics) on

Dié unieke voorkoms op jou oë is eenvoudig, maar lyk steeds treffend en modern. Wend een skakering liggies oor jou hele ooglid aan en skakeer dit goed en wyd sodat die kleur effens deursigtig lyk. Probeer sampioen en geelbruin as jy blou oë het, vuilpienk en -oranje as jy groen oë het, en roesbruin skakerings as jy bruin oë het.

- Michelle-Lee Collins, senior grimeerkunstenaar van M.A.C

Wenk: Vir bonkige wimpers, soos die model Twiggy dit in die 60’s gedra het, hou jou maskaraborsel vertikaal en gebruik net die oortollige maskara op die borselpunt om jou maskara aan te wend.

Nóg inspirasie vir ongewone kleure op jou oë

Warm haar-trends vir die koue seisoen – lees meer!

Probeer dié produkte

  1. Clarins Eye Quartet Mineral Palette in Forest (R450)
  2. M.A.C Eye Shadow in Cork, Naked Lunch en Copperplate (R195 elk)
  3. Smashbox Full Exposure Palette (R895)
  4. REVLON ColorStay ShadowLinks in Melon, Khaki en Java (R50 elk)
  5. Bourjois Twist-Up the Volume Mascara in Ultra Black (R150). By Clicks

Bobby smeul op die rooitapyt, en só voel hy daaroor