FOTO: M.A.C

FOTO: M.A.C

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Bring só jou beste uit (Deel 1)

Die nuutste mode- en skoonheidstendense word jaarliks onder meer deur die talle modeweke regoor die wêreld beïnvloed. Maar hoe laat jy dié nuwe voorkomste, skakerings en tegnieke vir jóú werk? “Skoonheid gaan hierdie seisoen daaroor om jou beste eienskappe op ’n slim manier te beklemtoon, eerder as om onperfeksies weg te steek,” sê Michelle Lee Collins, plaaslike senior grimeerkunstenaar vir M.A.C. Hiér gee sy en Keagan Cafun, interne senior grimeerkunstenaar vir M.A.C SA, hul topwenke vir hoe jy met die nuutste skoonheidstendense die fokus kan plaas op jou beste eienskappe.

 

Vir glansende vel

Bevog jou vel voor jy grimering aanwend om jou vel ’n natuurlike gloeiende voorkoms te gee. Dit sal ook keer dat die grimering wat jy aanwend jou vel uitdroog of aangeplak lyk.

Beklemtoon jou gesonde gelaat deur ’n verligter bo jou wenkbroue en op die brug van jou neus aan te wend. ’n Tikkie verligter in die holte tussen jou neus en bo-lip (cupid’s bow) en in die binnehoeke van jou oë doen ook wonders om jou gesig op ’n subtiele wyse op te kikker.

Gebruik eerder kladpapier as deursigtige poeier om enige oortollige olie of “blink” (shine) te verwyder, sê Michelle. “’n Goeie balans is om die middel van jou gesig ’n mat-afwerking te gee, terwyl die buitekant ’n gesonde gloed uitstraal.”

Probeer: M.A.C Prep + Prime Fix + (R235), Dior Diorskin Star SPF 30 in Peach (R680) (By uitsoekwinkels van Edgars) of Wet n Wild MegaGlo Illuminating Powder in Catwalk Pink (R65, by Clicks)

 

Skoonheidsprodukte by Spree: Koop 3, betaal vir 2!

Vir moderne lippe

Laat jou lippe vol en rond voorkom vir ’n supermoderne voorkoms. “Gebruik ’n lippotlood om jou bo-lip rond in te kleur, eerder as om die cupid’s bow te beklemtoon,” sê Michelle.

Skep ’n gewaagde voorkoms deur jou lippe ’n ombré-voorkoms te gee, is Keagan se topwenk. Vul jou lippe eers heeltemal met ’n lippotlood in en wend daarna ’n lipstiffie of lipglans in ’n ligter skakering aan.

Kies lipstif-skakerings soos rooi, pienk, pers of selfs bruin.

Probeer: Bourjois Contour Edition Lip Liner in Tout Rouge (R96), Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Lipstick in Envious (R345) of REVLON Colorstay Ultimate Liquid Lipstick in Top Tomato (R179, beskikbaar vir beperkte tyd)

 

Lees hiér oor die groot skoonheidstendense tydens SA-modeweek

Vir wenkbroue en wangbene

Welige wenkbroue is steeds gewild en rond jou voorkoms mooi af. Gebruik ’n deursigtige wenkbrou-jel en kam die haartjies liggies opwaarts om jou wenkbroue effens donsig te laat lyk.

Wend ook jou blosser baie hoër op jou wange, waar jy gewoonlik verligter aanwend, aan. “Dit laat jou jare longer lyk, wat dit perfek maak vir ouer vroue,” sê Michelle.

Probeer: Clarins Eyebrow Pencil in Light Brown (R225) of CK One Cream and Powder Blush Duo in Grace (R365)

Sorg só vir jou vel in elke lewensdekade