FOTO: Instagram (@olllinaa)

FOTO: Instagram (@olllinaa)

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Ingeleefde rooi lippe

Die fokus dié winter is rooi lippe wat ingeleef en ’n bietjie onnet lyk vir ’n sexy, romantiese en uiters vroulike voorkoms.

Kanker by Taylor Swift se ma gediagnoseer

Skakerings van rooi bly ’n gewilde kleur vir jou lippe omdat dit by enige velkleur pas en intens en glansryk, of gemaklik en sag gedra kan word. Om intens gekleurde lippe te versag, wend met jou ringvinger jou lipstiffie oor jou onderlip aan vir ’n tikkie kleur. Wend dan ’n deursigtige lipglans (of lipice) aan jou bo-lip en pers jou lippe saam om die kleur sagkens te versprei.

- Chris Williams, nasionale grimeerkunstenaar van Estée Lauder

Parfuums van bekende handelsnaam nou in SA – lees meer!

Besoek ons Pinterest-profiel vir nóg inspirasie vir ingeleefde lippe

Follow SARIE Tydskrif’s board Beauty Inspiration on Pinterest.

Foto’s wat amper die internet “gebreek” het

Probeer dié lipstiffies

  1. Vir ’n gesofistikeerde voorkoms kies ’n intense dieprooi-skakering soos Estée Lauder Pure Color Envy Sculpting Lipstick in Envious (R345) wat lank hou
  2. Dié sakpas helderrooi pas by die meeste velkleure en kan helder of sag gedra word – Max Factor Colour Elixir Lipstick in Ruby Tuesday (R130). By Clicks
  3. ’n Donkerder skakering lyk veral mooi by brunette. Probeer CK One Pure Shine Lipstick in Spiked (R200)
  4. Kies ’n rooi lipstiffie met ’n pienk ondertoon soos Avon Ultra Colour Indulgence Lipstick SPF 15 in Red Tulip (R140) vir ’n jeugdige voorkoms. Skakel 0860 102 345
  5. Probeer dié koraalrooi skakering vir ’n ekstra tikkie kleur vir ’n opgewekte voorkoms – Chanel Rouge Coco Lipstick in Arthur (R505)

WEN Le Creuset-produkte vir Moedersdag!