FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

FOTO: Lisa Sciascia / Gallo Images / Getty Images

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Jou aksieplan vir droë winter-hare

Hoewel dit nog nie heeltemal soos herfs voel nie, is dit belangrik om nou al ’n aksieplan vir jou hare te kry om te verseker dat jou kroon dié seisoen bevog, gevoed en glansend is. Droër lug tydens die koue maande kan lei tot ’n droë en jeukerige kopvel, gesplete haarpunte, kroeserigheid en hare wat bros, vaal en baie staties is, sê Marc Anthony, stigter van die Marc Anthony-haarsorgreeks.

Aktrises – Verkies jy hulle blond of brunet?

Hiér deel ons sy aksieplan om dié probleme vroegtydig te takel en te voorkom.

  1. Was jou hare minder. Só gee jy jou hare kans om natuurlike olies te maak wat help met bevogtiging. As jou hare vinnig olierig begin voel, gebruik ’n droë sjampoe om die oortollige olie te absorbeer.
  2. Gebruik ’n sulfaatvrye sjampoe, want dit droog jou hare minder uit en sal nie jou kopvel irriteer nie.
  3. Gebruik ’n bevogtigende haarbehandeling sowat een tot twee keer ’n week om jou hare ’n vog-inspuiting te gee.
  4. Bevogtig ook jou hare wanneer jy dit stileer deur stileringsprodukte te gebruik wat hidrerende eienskappe het en hare beskerm teen hitte.
  5. Gee jou haarpunte ekstra sorg. Dis die ‘oudste’ deel van jou hare en daarom geneig om die droogste te wees. Voed jou haarpunte met ’n droë olie wat vog bied, maar nie jou hare swaar of olierig sal laat voel nie.
  6. Jou hare word staties wanneer baie droë hare en vesels teen mekaar vryf. As jy ’n mussie of ’n hoed gaan dra, gebruik vooraf ’n inbly-opknapper of ’n droë olie om hare ekstra vogtig te hou.

Wenk: Jy kan ook droë sjampoe liggies oor al jou hare of binne-in jou hoed of mussie spuit om statiese hare te tem.

  1. Hare kan kroeserig word weens te veel én te min vog. As jou hare geneig is om baie kroeserig te wees, gebruik  ’n sjampoe, opknapper en stileringsproduk wat ekstra vog bied, maar nie jou hare swaar sal laat voel nie.

Skoonheidshuis stel ‘slim’ grimeer-app bekend – lees meer!

Probeer dié produkte vir elke wenk:

  1. Lee Stafford Dry Shampoo Dark (R95). By Clicks
  2. Reflections Style Innovation Gentle Care Sulfate Free Shampoo (R60). By Dis-Chem
  3. Schwarzkopf Gliss Ultimate Oil Elixir Structure Build-up Mask (R90)
  4. Marc Anthony bye.bye.Frizz Keratin Smoothing Blow Dry Cream (R125). By Dis-Chem
  5. Dove Pure Care Dry Oil Nourishing Treatment (R180)
  6. Schwarzkopf Professional BC Oil Miracle Barbary Fig Oil & Keratin Restorative Conditioning Milk (R190). By uitsoeksalonne
  7. Kérastase Discipline Fluidissime Complete Anti-Frizz Care (R340). By uitsoeksalonne

Gebruik dié olies op jou vel en hare