FOTO: Instagram (@lamer)

FOTO: Instagram (@lamer)

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Laat jou oë weer sprankel

Jou oë word nie sonder rede die vensters van jou siel genoem nie. Ongelukkig is dit ook die deel van jou gesig waar die spore van veroudering, spanning en moegheid eerste gesien word. Die velsorghuis La Mer deel dié wenke om oë wat moeg is op te kikker:

One Direction-lid gaan pa word!

Ontspan en verfris

Wanneer jy moeg is, word die bloedsirkulasie in jou liggaam vertraag. Dít lei dikwels tot pofferige en opgeswelde oë. Wanneer jou oë pofferig voel en lyk, gaan lê vir sowat twee minute met ’n koue teelepel op elke oog, selfs al het jy grimering aan. Die koue stimuleer bloedsirkulasie en dít help om die pofferigheid te verminder.

Wenk: As die vel rondom jou oë geneig is om pofferig te wees, vermy ryk oogrome en kies eerder een met ’n jel-tekstuur wat maklik absorbeer

Verhelder

Gebruik daagliks ’n oogroom met ligweerkaatsende deeltjies om die vel rondom jou oë te verlig vir ’n helderder voorkoms.

Vat ’n digitale breuk

Dit verg inspanning van jou oë om na jou rekenaar-, skootrekenaar-, tablet- of slimfoon-skerm te kyk. Jou oë voel en lyk daarom vinniger moeg. Probeer om deur die dag ’n 20-minute-pouse van alle digitale skerms te neem sodat jou oë kan ontspan. Jy kan ook jou skerm se helderheid laer stel.

Water, water, water

Drink gereeld water om fyn lyntjies en plooie te versag. Dis ook ’n goeie plan om kafeïenvrye kruietee te drink wat hope antioksidante bevat vir ’n gesonde vel.

Wenk: Kruisement-tee is ’n uitstekende kafeïenvrye drankie vir ná middagete om weer vars en helder te voel

Moenie jou oë vryf nie

Wanneer ons oë moeg voel, is ons geneig om gereeld daaraan te vryf. Dit veroorsaak dat fyn lyntjies en plooie vinniger vorm. Dit laat jou ook nog moeër lyk omdat dit kan lei tot rooiheid en pofferigheid. Wanneer jou oë droog en geïrriteerd is, knip dit ’n paar keer vinnig ná mekaar.

Ons toets: Bevogtigende sonskerm vir die winter

Probeer dié oogrome:

  1. La Mer The Illuminating Eye Gel (R1 480)
  2. Nivea Q10 Plus Anti-Wrinkle Energy Eye Roll-On (R150)
  3. Bioeffect EGF Eye Serum (R790). By Placecol-salonne
  4. The Body Shop Firming and Refreshing Eye Roll-On (R200)
  5. Clinique Superdefense SPF 20 Age Defense Eye Cream (R415)

Koffie-aanhangers juig – Starbucks kom SA toe!