Skoonheidstories

Woensdagwenk: ‘Lees’ só jou vel reg

Die bekende velsorghuis Dermalogica skop vandag hul nuwe Facemap Our Nation-veldtog af! Die doelwit is om 5 000 kliënte se gesig met hul gratis Face Mapping-metode te ontleed.

Lees hiér meer oor die opwindende Facemap Our Nation-veldtog

“Ons doel met dié veldtog is om verbruikers oor hul vel in te lig sodat ’n gesonde vel en ’n doeltreffende velsorgroetine binne almal se bereik kan wees,” sê Lara Wicksteed, nasionale opleier van Dermalogica.

Hiér verduidelik Lara hoe om vyf groot velbekommernisse wat jy moontlik op jou voorkop, wange, nek, ken, neus en om jou oë kan teëkom te identifiseer, asook hoe om dit te behandel.

Besoek ook jou naaste Dermalogica-verskaffer vir ’n volledige Face Mapping-vel-analise.

FOTO: Dermalogica

FOTO: Dermalogica

Swanger of net ’n gekkedag-grap? Lees meer hiér

Op jou voorkop

Kyk uit vir: Fyn lyntjies en donker vlekkies wat tekens van dehidrasie en pigmentasie is.

Moontlike oorsake: Vel wat gedehidreerd is, het ’n tekort aan water weens eksterne faktore soos verkeerde velsorgprodukte, droë en besoedelde lug en te veel afskilfering. Pigmentasie word veroorsaak deur sonblootstelling en hormoon-skommelinge.

Behandel dit só: Takel gedehidreerde vel met ’n bevogtigende serum wat jou vel se natuurlike lipiedlaag sal herstel en onderhou. Kies ook ’n serum wat spesifiek donker vlekkies en pigmentasie behandel.

Probeer: Dermalogica Skin Hydrating Booster (R850) en Dermalogica C-12 Pure Bright Serum (R1 200)

Om jou oë

Kyk uit vir: Fyn lyntjies en plooie.

Moontlike oorsake: Omdat ons nie sonskerm naby ons oë aanwend nie, veroorsaak te veel sonblootstelling dat lyntjies en plooie vinniger hier wys.

Behandel dit só: Gebruik ’n oogproduk met bevogtigende bestanddele om die dun vel om jou oë op te plomp sodat lyntjies ligter lyk. Kyk ook uit vir ’n produk met silikoon wat fyn lyntjies invul sodat dit minder opsigtelik lyk.

Probeer: Dermalogica Multivitamin Power Firm (R740)

Velsorghuis-advertensie gee om

Op jou wange

Kyk uit vir: Rooiheid wat ’n teken van sensitiewe vel kan wees.

Moontlike oorsake: Buiten genetiese faktore, kan sonblootstelling, droë lug en te veel afskilfering die vel op jou wange rooi, sensitief of geïrriteerd laat.

Behandel dit só: Gebruik velsorgprodukte met natuurlike kalmerende bestanddele soos galambotter, vitamien E, groentee en nagblomolie. Maak ook seker jy gebruik ’n ligte afskilferaar wat nie te grof vir jou vel is nie.

Probeer: Dermalogica Ultra Calming Serum Concentrate (R850)

Op jou neus en ken

Kyk uit vir: Veluitslag op jou neus en ken.

Moontlike oorsake: Chroniese spanning wat lei tot die vervaardiging van oortollige olie op jou vel word gesien as die grootste oorsaak van ’n veluitslag by volwassenes.

Behandel dit só: Skilfer jou gesig gereeld af en gebruik velsorgprodukte met ’n ligte tekstuur en anti-inflammatoriese eienskappe, sonder dat dit jou vel uitdroog.

Probeer: Dermalogica Breakout Control (R620)

Burger King stel ‘Whopper’-parfuum bekend!

Op jou nek

Kyk uit vir: Droë vel, horisontale lyntjies en donker vlekkies wat tekens van dehidrasie en pigmentasie is.

Moontlike oorsake: Wanneer dit kom by ons daaglikse velsorgroetine, is ons geneig om die vel op ons nek af te skeep. Sonblootstelling en verlies aan water weens ’n tekort aan daaglikse beskerming laat dan die vel op jou nek vinniger ouer lyk.

Behandel dit só: Wend daagliks ook jou vogroom en sonskerm aan jou nek om die vel te beskerm en te voed.

Probeer: Dermalogica Barrier Repair (R560)

Event Gents can enjoy their best skin. They key to great skin lies in our core concept, the Face Mapping skin analysis. #GreatSkin

A photo posted by Dermalogica South Africa (@dermalogicasa) on