FOTO: Instagram (@arrexa)

FOTO: Instagram (@arrexa)

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Olie vir jou vel en hare

Danksy olie se veelsydigheid is dit vandag een van die gewildste skoonheidsprodukte om jou vel en hare te bevog en gesond te hou. Natuurlike olies (olies afkomstig van plante) bevat ’n hoë hoeveelheid omega 3- en 6-vetsure. “Dié vetsure is voordelig vir jou vel en hare omdat dit jou vel se natuurlike lipiedlaag aanvul en help om jou velwand te versterk en te onderhou,” sê John Knowlton, olie-kenner en konsultant vir die Lipidol-oliereeks. Boonop word ’n droë olie (olie met ’n baie ligte tekstuur) vinnig geabsorbeer en gee só jou vel en hare ’n ligte glans sonder dat dit vetterig voel of te veel blink. Probeer dié vyf natuurlike olies op jou hare, lyf en gesig.

@lipidol #lipidol working its magic #beautifulskin

A photo posted by Vanisha (@vanisha223) on

 

Ons toets olieprodukte vir jou vel – lees meer!

Roosbottel-olie (rose hip): Dit bevat natuurlike retinoësuur (vitamien A) en is daarom ’n goeie wapen teen vroeë tekens van veroudering soos fyn lyntjies, plooie en pigmentasie, sê John.

Argan-olie: Danksy hope omega 3-vetsure en vitamien E bied argan-olie intense bevogtiging, beskerming en glans vir jou hare en vel.

Jojoba-olie: Omdat die chemiese samestelling van jojoba-olie baie dieselfde is as dié van jou vel se natuurlike olies, word dit maklik deur jou vel geabsorbeer, sê John. Daarby help vitamien B en E ook om jou velwand te versterk en gesond te hou.

Druiwepit-olie: Dié olie bevat kragtige antioksidante wat jou vel beskerm teen sonskade en vrye radikale wat lei tot pigmentasie en fyn lyntjies. Druiwepit-olie is daarom baie goed vir ’n ouer vel.

Klapperolie: Dié olie is ’n uitstekende bevogtiger vir jou hare en lyf. Klapperolie is ook solied teen kamertemperatuur, wat maak dat jy dit maklik kan inpak wanneer jy reis.

’n Droë olie absorbeer vinnig en gee só jou vel en hare ’n ligte glans sonder dat dit vetterig voel of te veel blink

Modeweek-skoonheid om te probeer

Kombineer gerus verskillende olies vir ’n ekstra bederf vir jou vel en hare.

Vir elke 1 ml natuurlike olie wat jy gebruik, voeg een druppel essensiële olie (’n gekonsentreerde olie) by. Toets altyd eers die olies op jou binne-arm om seker te maak jy’s nie allergies daarvoor nie.

  • Jojoba-olie + roosbottel-olie + roosmaryn- essensiële olie = ’n Strelende lyfolie wat intens bevog en seer spiere streel
  • Druiwepit-olie + wortelsaad-olie + geranium- essensiële olie = ’n Super-olie vir jou gesig wat vroeë tekens van veroudering takel
  • Argan-olie + ilang-ilang- essensiële olie = ’n Haarolie wat jy as ’n masker vir sowat 20 minute aanwend voordat jy jou hare was

*Al die bogenoemde olies is beskikbaar by Dis-Chem.

Oefeninge vir fermer arms – ons wys jou hoe