FOTO: Instagram  @laurenconrad

FOTO: Instagram @laurenconrad

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Sorg vir somerhare

Tydens die feestelike somermaande wil niemand hulle bekommer oor haarsorg nie. Maar skeep jy jou hare af, eindig jy op met ’n ongesonde kapsel. Gelukkig is net ’n paar goeie gewoontes nodig om jou hare dié seisoen glansend en gesond te hou, sê Ria Gyapersad, kreatiewe direkteur van die handelsnaam vir luukse haarsorg Glampalm Hair.

Hiér is haar wenke:

 

Bevog jou hare

Tydens die warm somermaande kan faktore soos blootstelling aan die son en sout- en chloorwater jou hare stroop van hul natuurlike vog. Gee jou hare elke nou en dan ’n vog-inspuiting deur ’n bevogtigende masker aan te wend. Dit sal ook goed wees om in die gewoonte te kom om jou hare twee keer ’n dag uit te kam met ’n borsel met sagte tandjies. Dit stimuleer jou kopvel en sorg dat jou hare se natuurlike olies eweredig deur jou hare versprei word vir ekstra glans.

Wenk: ’n Inbly-opknapper is ’n moet-hê-produk vir die somer.

Voorkom verdere skade

Omdat jou hare tydens die warmer maande baie meer aan die son blootgestel word, is jou hare geneig om leweloos, krullerig en plat voor te kom. Wanneer jy jou haarstyl wil opkikker met bv. haarysters, krultange en stileringsprodukte is dit belangrik om nie verdere skade aan te rig nie. Gebruik daarom eerder haarysters wat nie keramiek bevat nie en gebruik altyd stileringsprodukte wat jou hare beskerm teen hitte.

Wenk: Gebruik ’n soutsproei om jou hare in ’n japtrap weer volume en tekstuur te gee.

5 wenke vir jou partytjie-haarstyl en -grimering

Voed jou liggaam én hare

Deur ’n gesonde en gebalanseerde dieet te volg sal jy nie net jou lyf gesond hou nie, maar ook jou hare! Vitamien B6 en B12 is veral goed vir gesonde hare. Droëvrugte en sonneblomsaad bevat vitamien B6 en eiers en skulpvis bevat vitamien B12. Daarby sal proteïen en omega 3-olies (hoender, tuna, salm en okkerneute) jou hare versterk en bevog.

Gebruik dié produkte en wenke vir ’n sensitiewe vel

Probeer dié produkte:

1. Schwarzkopf BC Cell Perfector Repair Rescue Deep Nourishing Treatment (R310). By uitsoeksalonne

2. Dove Colour Radiance Leave-In Conditioning & Care Spray (R70)

3. Veaudry my Detangler (R199). By uitsoeksalonne

4. Glampalm Wide Magic Series Iron (R2 400). By uitsoeksalonne

5. TRESemmé Heat Defence Styling Spray (R70 vir 300 ml)

6. Kérastase Keratine Thermique Smoothing Taming Milk (R340). By uitsoeksalonne

7. Toni & Guy Casual Sea Salt Spray (R120). By Clicks

 

Kry só maklike lente-hare!