Skoonheidstories

Woensdagwenk: Velsorg vir elke dekade (Deel 2)

Die skoonheidswêreld bestaan uit ’n magdom produkte, behandelings, roetines, tegnieke en wenke. Soms weet jy nie watter van dié geskik of selfs broodnodig vir jóú vel is nie. Sonette Donker, kommunikasiebestuurder van Dermalogica, verskaf waardevolle wenke oor wat jy van jou vel se natuurlike verouderingsproses kan verwag, asook hoe om in elke dekade van jou lewe jou vel optimaal te versorg. Hiér is wenke vir jou 40’s en 50’s:

 

Jou vel tydens jou 40’s

In jou veertigerjare is die gebruik van teenverouderingsprodukte met aktiewe bestanddele baie belangrik omdat jou vel se natuurlike herstelproses traer is en dit ook minder kollageen vervaardig.

Wat om te verwag:

  • Jou vel kan meer sensitief vir sekere velsorgprodukte wees.
  • Fyn lyntjies en plooie op jou gesig is dieper, veral op jou voorkop en rondom jou oë en mond.
  • Jou vel is meer gedehidreerd en kan begin hang.
  • Porieë op jou T-sone is geneig om te vergroot.
  • Sirkels of klein sakkies kan onder jou oë vorm.

Wat het jou vel nodig:

  • Skilfer jou gesig gereeld af met produkte wat ’n konsentrasie van meer as 10% hidroksisure bevat. Dié bestandeel raak van dooie velselle ontslae en laat jou vel stralend lyk. Dit hou ook jou vel gehidreerd.
  • Probeer om nie ’n verfrisser (toner) op jou gesig te gebruik nie, want dis geneig om jou vel uit te droog.
  • Ekstra velsorgprodukte soos serums, maskers en ’n produk wat retinol bevat sal baie voordelig wees omdat dit jou vel se natuurlike vog en nutriënte, wat nou al hoe minder raak, aanvul.
  • Die gebruik van oogserums, -jels en -rome kan moeë oë opkikker.

Behandel só:

Gaan maandelliks vir ’n gespesialiseerde gesigbehandeling (facial) soos een wat die kollageen-vervaardiging van jou vel met elektriese trillings stimuleer. Oorweeg kollageen-inspuitings (fillers) of botox om die voorkoms van plooie en vel wat hang te verbeter.

 Lees hiér oor velsorg vir jou 20’s en 30’s

Probeer dié produkte:

1. Paula’s Choice Resist Weekly Resurfacing Treatment with 10% AHA (R510). By www.paulaschoice.co.za

2. Nip + Fab Instant Radiance Wrinkle Fix Daily Moisturiser (R335). By Clicks

3. Lamelle Correctives RA Cream (R560). By uitsoeksalonne en dermatoloë

4. Chanel Le Lift Firming Anti-Wrinkle Serum (R1 830)

5. Estée Lauder Revitalizing Supreme Global Anti-Aging Eye Balm (R650)

 

Jou vel tydens jou 50’s

Fokus tydens dié jare daarop om jou vel veral te voed. Hoewel die meeste skade reeds gedoen is, kan jy jou vel gesond hou deur velsorgprodukte met ’n hoë konsentrasie aktiewe bestanddele te gebruik.

Wat om te verwag:

  • Fyn lyntjies en plooie word geleidelik dieper en fyn gebreekte aartjies word meer sigbaar.
  • Jou vel begin hang en verloor volume weens minder elastien en kollageen.
  • Sakkies onder jou oë kan meer prominent voorkom.
  • ’n Onegalige veltekstuur met pigmentasie of donker vlekke kan voorkom.
  • Jou vel is geneig om baie droër te wees.

Wat het jou vel nodig:

  • ’n Ryk vogroom wat enige droogheid takel.
  • Teenverouderingsprodukte soos serums, maskers en rome wat vitamien A, C en E bevat. Dié vitamienes is kragtige antioksidante en help onder meer om pigmentasie te beveg, jou vel se buitenste laag te versterk en plooie te verminder.
  • ’n Daaglikse sonskerm is steeds ’n moet.

Behandel so:

’n Diepafskilferingsbehandeling (peel) elke nou en dan sal voordelig wees. Oorweeg kollageen-inspuitings (fillers) of botox.

Kombineer jou basiese velsorgroetine en ekstras só

Probeer dié produkte:

1. Clarins Super Restorative Day Cream SPF 20 (R1 220)

2. Dr. Gobac Vitamin A Serum (R360). By uitsoeksalonne

3. Olay Regenerist Eye Lifting Serum Treatment (R200)

Raai watter SA radio-persoonlikheid is die gesig van ‘n splinternuwe velsorg-advertensieveldtog?

Bykomende bron: The Makeup Book deur Leigh Toselli