FOTO: Instagram (@eliesaabworld)

FOTO: Instagram (@eliesaabworld)

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Wenke vir stralende vel as jy 50+ is

Die veteraan-aktrise Andie MacDowell het die week op die rooi tapyt by die Cannes-rolprentfees verskyn vir die première van haar jongste fliek, Inside Out. En met haar stralende gelaat en haar noupassende Elie Saab-rok is dit moeilik om te glo dat sy al 57 is! Daarby vier sy ook vanjaar haar 30ste jaar as een van die gesigte van die gewilde skoonheidshuis L’Oréal.

Minions-lokprent: Sandra Bullock en John Hamm verleen hul stemme

AB se vrou gesels oor die baba – lees meer!

Baie is al gespekuleer oor hoe die aktrise haar jeugdige voorkoms en figuur behou. Sy het al in verskeie onderhoude verklap dat sy bloot net ’n gereelde velsorgroetine volg, uit die son bly en baie water drink. Wanneer dit by grimering kom, verkies sy ook om haar voorkoms natuurlik en gesond te hou. “Ek dra amper altyd neutrale skakerings. Soms dra ek ’n skakering wat effens donkerder as my natuurlike lipkleur is, maar nooit iets eksentriek nie,” het sy onlangs in ’n onderhoud met L’Oréal in Cannes gesê. Sy hou ook veral daarvan om ’n serum-onderlaag te dra omdat dit lig is, goeie bedekking bied én haar vel voed en bevog.

Ons toets ’n toestel vir sagte voete dié winter

Hiér is nog ’n paar wenke vir velsorg in jou 50’s

  • Fokus tydens dié jare daarop om jou vel te voed. Hou jou vel gesond deur velsorgprodukte met ’n hoë konsentrasie aktiewe bestanddele te gebruik.
  • Gebruik ’n ryk vogroom om droogheid te takel, veral tydens die kouer maande.
  • Kyk uit vir teenverouderingsprodukte soos serums, maskers en rome wat vitamien A, C en E bevat. Dié vitamienes is kragtige antioksidante en help onder meer om pigmentasie te beveg, jou vel se buitenste laag te versterk en plooie te verminder.
  • ’n Daaglikse sonskerm is steeds ’n móét.
  • ’n Diepafskilferingsbehandeling (peel) elke nou en dan sal voordelig wees. Oorweeg kollageen-inspuitings (fillers) of botox.

Kombineer jou basiese velsorgroetine en ekstras só

In Hollywood is talle bekendes wat bo 50 beter as ooit lyk. Kyk maar net na die Oscar-bekroonde aktrise Sandra Bullock wat op 50 as die Amerikaanse tydskrif People se mooiste vrou ter wêreld vir 2015 aangewys is. Ander inspirerende vroue bo 50 sluit Julianne Moore, Meryl Streep, Helen Mirren en Elle Macpherson in.

Probeer dié nuwe teenverouderingsprodukte

  1. L’Oréal Visible Lift Serum Absolute Advanced Age-Reversing Makeup (R205)
  2. Clarins UV Plus Anti-Pollution Sunscreen SPF 50 (R465)
  3. Estée Lauder Resilience Lift Night Firming/Sculpting Face and Neck Creme (R970)
  4. BioEffect EGF Day Serum (R1 400). By Placecol-salonne
  5. Sorbet Salon Skin Daily Skin Polish Powder (R220). By Clicks