FOTO: Instagram (@rosiehw)

FOTO: Instagram (@rosiehw)

Skoonheidstories

Woensdagwenk: Woema vir jou hare

Tydens die somermaande is jou hare geneig om meer plat en leweloos as gewoonlik te wees. “Humiditeit en stileringsprodukte wat te swaar is vir jou hare is die twee faktore wat die meeste bydra tot hare sonder volume,” sê Antonio Corral Calero, internasionale kreatiewe bestuurder vir die Moroccanoil-haarreeks. Hiér deel Antonio sy topwenke om jou hare weer woema te gee.

 

Die aktrise Rosie Huntington-Whiteley saam met Antonio Corral Calero. FOTO: Instagram (@rosiehw)

Die aktrise Rosie Huntington-Whiteley saam met Antonio Corral Calero. FOTO: Instagram (@rosiehw)

1. Wat is die beste manier om sjampoe, opknapper en stileringsprodukte te gebruik sodat jou hare volume het en nie plat en leweloos lyk nie?

Wanneer dit kom by opknapper is minder meer. Moenie opknapper aan jou haarwortels aanwend nie. Dis gewoonlik by jou haarwortels waar jy volume nodig het en te veel opknapper kan jou hare swaar maak. Dis ook goed om ’n stileringsproduk te gebruik wat ontwerp is om volume te skep, soos ’n root booster of ’n mousse, voordat jy jou hare droogblaas.

2. Hoe kan jy volume skep wanneer jy jou hare droogblaas?

Spuit vooraf ’n stileringsproduk wat volume gee aan jou kopvel vir ’n bietjie tekstuur. Blaas dan jou hare rofweg droog (sonder om ’n haarborsel te gebruik) totdat dit so te sê heeltemal droog is. Kam dan liggies net die punte van jou hare uit met ’n ronde haarborsel om jou hare te tem en af te rond.

FOTO: Kate Upton se nuwe korter haarstyl

3. Is daar spesifieke haarsnitte of -style wat jy kan dra om jou hare meer volume te gee?

As jy dun hare het is dit ’n goeie plan om jou hare eerder korter te hou omdat lang hare swaarder is en dan geneig is om platter te wees. ’n Ander manier om jou hare meer lewe te gee is deur subtiele lae in te sny. Dit sorg vir beweging, ekstra volume en tekstuur.

Ikoniese mode- en skoonheidshuis vier 50 jaar van skoonheid – lees meer!

Probeer dié produkte:

  • Moroccanoil Root Boost (R320). By uitsoeksalonne
  • Label.m Volume Foam (R320). By uitsoeksalonne
  • Kevin Murphy Powder Puff Volumising Powder (R380). By uitsoeksalonne of skakel 021 876 2285
  • Redken Thickening Lotion (R650). By uitsoeksalonne
  • Trevor Sorbie Volume Shampoo & Conditioner (R100 elk). By Dis-Chem

 

Nataniël se reeks nóú beskikbaar by Checkers