FOTO: Glen Montgomery van Supernova

FOTO: Glen Montgomery van Supernova

Stap vir stap

Blinkers in jou haarpaadjie! Ons wys jou hoe

Blinkers is terug – nie net op jou oë nie, maar ook in jou hare!

Bekendes soos Kendall Jenner, Rita Ora en Miley Cyrus het al by feeste en partytjies gepronk met blinkers in hul haarpaadjies. Maar toe die Teen Wolf-aktrise Holland Roden by die VMA-toekennings met subtiele goue blinkers al langs haar haarpaadjie (en bypassende goue oogomlyner) op die rooi tapyt verskyn het, is die SARIE-skoonheidspan éérs geïnspireerd.

 

Ons is mal oor dié nuwe tendens! Die sogenaamde glitter roots is opwindend en die perfekte manier om jou hare ’n bietjie fees-glinster te gee.

Kies silwer, koper of goue blinkers en meng dit met ’n druppel of twee haarjel. Verf dit dan met ’n grimeerborsel al langs jou haarpaadjie vir ’n subtiele blinker-voorkoms. ’n Spuit of twee haarsproei daarna hou die blinkers in plek. Kyk net hoe mooi lyk Tamsyn Jack, een van ons 2016 voorblad-finaliste, se haarpaadjie!

Hiér wys ons jou stap vir stap hoe om “glitter roots” te skep:

Wat dink jy?

Sal jy die “glitter roots”-trend uitprobeer?

  • JA
  • NEE

 

Lees nou

Hoe lank voor jy jou grimeerprodukte moet uitgooi?

5 goed wat skool jou nooit geleer het nie