FOTO: Instagram @alice_maria24

FOTO: Instagram @alice_maria24

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Deurmekaar hare

Die deurmekaar haarstyl is een van die grootste trends dié jaar. Daarom gaan jy dié drie woorde sommer nog baie in 2015 hoor: gemaklik, eenvoudig en natuurlik.

Charlene van die Gary Rom-span in Southdowns wys ons hoe om dié voorkoms te kry.

“Die dae waar jy ure voor die spieël staan om jou hare eksieperfeksie te kry, is verby! Boonop kan jy jou stileeryster (hair straightener) gerus groet.

Dink liewer aan maklike, los hare: Hoe jou hare lyk as jy net opgestaan het, deurmekaar bollas, ongestruktureerde lae vlegsels en los hare wat sag om jou gesig hang.”

Produkte wat jou sal help om dié sagte styl te skep

  1. Blaas nuwe lewe in jou lokke deur Texture Advance Spray (R295) van die Gary Rom-reeks aan nat hare te wend.
  2. Maak hare sagkens droog met ’n spreier-kopstuk (diffuser). Dit sal jou haartekstuur gedefinieerd laat voorkom én sorg vir ekstra volume.
  3. Spuit haarsproei aan soos L’Oreal Professional’s Air Fix (R285). Dit hou nie net jou hare in plek nie, maar hou dit ook sag en beweeglik.

Lees die ander blogs van die Gary Rom-span HIER.  

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

 

Gary Rom werker

*Charlene is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Southdowns (012 665 0188)