FOTO Aubrey Jonsson

FOTO Aubrey Jonsson

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Nuwe groot trend – die pixie-snit

Die Gary Rom-span, wat bekendes soos Melinda Bam, Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke.

Deesdae sien ons bekendes soos Nadia Valvekens (Binnelanders), Jo da Silva (7de Laan), Pamela Anderson, Jennifer Lawrence, Charlize Theron, Maggie Gyllenhaal en Anne Hathaway is almal meesters van die pixie-haarstyl.

Dié week verduidelik Janine Nascimento, stileerder by Gary Rom in Woodlands, Pretoria, waarom dié parmantige snit die perfekte kort haarstyl is.

“Kort hare is een van die grootste trends vir somer 2014. Pixie-style is besig om na ons lewens terug te keer en van ons gunsteling-bekendes volg dié trend op die oomblik.

Waarom? Dis maklik om mee te werk, taamlik maklik om in stand te hou en dit neem net ’n paar sekondes om te stileer.

Vir my is ’n goeie haarstyl een wat jy op meer as een manier kan dra. Met die pixie kan jy jou hare reguit en glad dra of jy kan dit volume en ’n ligte krul gee.

Só vervolmaak Janine die pixie vir haar kliënte FOTO: verskaf

Só vervolmaak Janine die pixie vir haar kliënte
FOTO: verskaf

Die meeste vroue is skrikkerig as dit kom by kort hare, omdat jy dink dit sal jou hard en manlik laat lyk, maar die pixie of ander kort style is ontwikkel om vroue se gesigte op elke moontlike manier te komplimenteer.

Elegant en gesofistikeerd is die voorkoms wat dié styl skep, maar sonder moeite en binne sekondes!”

Janine Nacimento FOTO: verskaf

Janine Nacimento
FOTO: verskaf

 

 

 

*Janine Nascimento is ’n haarstileerder by Gary Rom in Woodlands, Pretoria (012 997 5468)

 

 

Nóg wenke van die Gary Rom-span