@karlienvanjaarsveld

@karlienvanjaarsveld

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Karlien van Jaarsveld kleur haar hare

Bekendes soos Melinda Bam, Dunay Nortjé en Karlien van Jaarsveld vertrou Gary Rom se span met hul hare … Dié span gee SARIE-lesers elke week raad.

Die afgelope week het sangeres en aktrise Karlien van Jaarsveld die Gary Rom-salon in Woodlands, Pretoria, besoek waar Freya Labuschagne die sangeres se blonde haardos opgeknap het.

Freya verduidelik hoe sy Karlien se hare gekleur het.

  • Stap 1: Om Karlien se hare ’n skoon, blonde voorkoms te gee, het ons strepies daarin gekleur met L’Oréal Infinite

  • Stap 2: Ná die strepies het haar hare twee salonbehandelings gekry. Die Gary Rom Haircare Amino Therapy, wat help om jou hare te versterk, en die Gary Rom Haircare Cortex Repair. Laasgenoemde help om beskadigde hare te herstel.

  • Stap 3: Daarna het Karlien onder die K-Mist gesit. Dis ’n toestel wat ontwerp is om die behandeling langer in jou hare toegesluit te hou.

  • Stap 4: Hierna het ons haar hare uitgeblaas vir ’n afgeronde en stylvolle voorkoms.

Só het Karlien se hare aan die einde van haar sessie by Freya gelyk. FOTO: verskaf

Só het Karlien se hare aan die einde van haar sessie by Freya gelyk.
FOTO: verskaf

*Freya Labuschagne is ’n kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria (012 997 5468)

Freya Labuschagne FOTO: verskaf

Freya Labuschagne
FOTO: verskaf

 

 

 

 

 

 

Nóg raad van die Gary Rom-span op SARIE.com