FOTO: Instagram @mirandakerr

FOTO: Instagram @mirandakerr

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Kry só Miranda Kerr se ‘babylights’

Wie kan dan nou gekant wees teen highlights wat natuurlik voorkom? Boonop word ons nou bederf met die keuse van babylights. Bekendes onder wie die modelle Miranda Kerr en Karlie Kloss en die aktrise Rosamund Pike het al met dié trend gespog. Die span van Gary Rom Woodlands vertel meer.

Babylights is ’n nuwe kleurtegniek. Dié fyn geweefde highlights lyk só natuurlik dat dit lyk asof jy daarmee gebore is. Slegs ’n sliert hier en daar word behandel en nuwe hare groei subtiel uit. Net ’n paar babylights laat hare gesond en dinamies voorkom.

Makeup look today by @hungvanngo

A photo posted by Miranda (@mirandakerr) on

Om ’n sagte voorkoms te waarborg is dit belangrik om foelie diagonaal te plaas. Maak seker dat jou stilis hiervan bewus is. Dit is ook belangrik om ná die tyd jou hare met spesiale produkte te versorg.

Rosamund Pike FOTO: Kevin Mazur/WireImage via Image.net

Rosamund Pike FOTO: Kevin Mazur/WireImage via Image.net

Gary Rom Hairdressing het ’n Blonde-reeks, wat spesifiek vir gebleikte hare geformuleer is. Dié haarsalon doen ook al vir ’n hele ruk babylights, wat hulle “Points of Light” noem.

Babylights is perfek as jy jou voorkoms ’n hupstoot wil gee, sonder om dit drasties te verander.

Freya beveel aan

  • Die Gary Rom Haircare Blonde-reeks vir gebleikte hare. Die reeks bestaan uit ’n sjampoe, opknapper en ’n masker.

Freya Labuschagne FOTO: verskaf

*Freya Labuschagne is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands
012 997 5468