FOTO: Twitter @ririnel

FOTO: Twitter @ririnel

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Kry só Riana Nel se krulle

Een van die somer se grootste trends is lekker wilde krulle soos Riana Nel s’n. Die span van Gary Rom Woodlands wys ons hoe om dié voorkoms te kry.

Só kry jy Riana se krulle 

STAP 1 – 3: Nadat jy jou hare met sjampoe en opknapper gewas het, spuit klam hare met Gary Rom Hairdressing se Texture Advance.

Hierdie tekstuur-sproei sorg dat jou hare goed bevogtig is, dit beperk kroeserigheid en help dat jou hare sag lyk. Dié produk gee ook jou krulle ekstra skop.

STAP 4 & 5: Gebruik jou hande om jou hare sagkens op te krul. Begin by jou punte en beweeg opwaarts.

STAP 6 – 8: Indien jy ekstra-krullerige hare wil hê, is ’n spreier-kopstuk (diffuser) vir jou haardroër noodsaaklik.

Begin deur jou droër op die hoogste temperatuur en die laagste spoed te stel. Draai jou kop na die kant toe en plaas die spreier-kopstuk (diffuser) naby jou punte, totdat jou hare droog is.

Herhaal die proses terwyl jy jou kop na agter en dan in die teenoorgestelde posisie, kantel.

WENK: Maak seker dat jy nie jou hare uitdroog nie, want dit veroorsaak kroeserigheid.

STAP 9: Nadat hare droog is, spuit stileringsproei liggies aan om hare in plek te hou.

Volg hierdie foto-gids vir pragtige krulle

foto-gids vir krulle

Monique beveel dié produkte aan:

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

Dié voorkoms gaan vanjaar groot wees! Riana het haar hare vergelyk met die jong sangeres Lorde s’n.

Monique Visagie, meester-haarstileerder, Gary Rom Woodlands
*Monique Visagie is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Woodlands (012 997 5468)