FOTO: Instagram @kimkardashian

FOTO: Instagram @kimkardashian

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Mediumlengte haarstyle

Mediumlengte haarstyle is een van die grootste trends in 2015.

Van loopplankmodelle in Milaan tot bekendes. Mediumlengte hare is oral te sien. Kim Kardashian, Jessica Alba en Ashley Olsen het almal hul kenmerkende lang lokke verruil vir dié korter kapsel. Skouerlengte hare is sexy, spelerig en maklik om te versorg, sê Janine, ’n haarstilis van Gary Rom se span.

3/3 #COVER @WKorea @dennisleupold

A photo posted by badgalriri (@badgalriri) on

Sunshine

A photo posted by Minki vd Westhuizen (@minkivanderwesthuizen) on

Wenke vir mediumlengte haarstyle

  • Tekstuur is ’n moet wanneer dit by stilering kom. Om met natuurlike tekstuur te werk is selfs beter.
  • Raak kreatief met jou stileer-yster. Dink groot en deurmekaar.
  • Gebruik gerus Gary Rom Haircare Texture Advance (R255). Dié produk gee jou natuurlike krulle ’n hupstoot.
  • Gary Rom Hairdressing Hydro Defense (R330) vir hitte-beskerming is ’n wonderlike produk wat nie net jou hare beskerm nie, maar ook jou hare se natuurlike tekstuur beheer terwyl dit steeds sag lyk.

Lees die ander blogs van die Gary Rom-span HIER.  

FOTO: verskaf

FOTO: verskaf

janine

 

*Janine is ’n haarstilis by Gary Rom Woodlands (012 997 5468)