one use

Jessica Biel FOTO: Aaron Poole / ©A.M.P.A.S

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: skep die illusie van skaduwees

Die subtiele ombré, oftewel sombré, is een van die winter se warmste voorkomste vir jou hare. Die Gary Rom-span verduidelik hoe jy dié voorkoms vervolmaak.

Freya Labuschagne, kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria, verduidelik hoe sy die shadow illusion-tegniek sal gebruik om ’n sombré-voorkoms te kry. Dié voorkoms skep die illusie van diepte en skaduwees in die punte van jou hare.

“Shadow illusion is ’n tegniek waar die wortels van jou hare donkerder is as die middelste gedeelte en die punte van jou hare om die illusie van diepte en skaduwees te skep.

Terwyl die ombré ’n tegniek is waar jou hare se punte aansienlik ligter is as die wortels, is die shadow illusion meer subtiel.

Van die wortels af word omtrent 2 cm van jou hare donkerder gekleur – ek sou aanbeveel dat jy jou wortels hoogstens twee of drie skakerings donkerder as die kleur in die middel van jou hare maak. Kleur dan die punte een skakering ligter as die middelste area.

Dis belangrik om dié voorkoms by ’n haarsalon te laat doen, want die kleure moet perfek by mekaar ingeskakeer word om te voorkom dat daar sigbare lyne tussen die verskillende skakerings is. Dis ook belangrik om die regte skakerings te kies sodat die kleur geleidelik in mekaar kan vloei.

Maak seker jou hare is in ’n topkondisie om dié voorkoms so goed moontlik te laat lyk.”

Freya beveel aan:

Gary Rom Haircare Blonde Brilliance Sjampoe (R280) en Gary Rom Haircare Blonde Therapy Masque (R445) sal verseker dat jou ligte punte in ’n goeie toestand bly.

Freya Labuschagne FOTO: verskaf

Freya Labuschagne
FOTO: verskaf

 

 

 

*Freya Labuschagne is die kreatiewe direkteur by Gary Rom in Woodlands, Pretoria (012 997 5468)

 

 

Nóg blogs deur die Gary Rom-span