FOTO: Instagram @ritaora

FOTO: Instagram @ritaora

SARIE-blogs

Die Gary Rom-Blog: Wet look roots

Die span wat bekendes soos Karlien van Jaarsveld, Dunay van Heerden en Rolene Strauss se kapsels versorg, deel hul beste haarwenke. Vandag vertel Inge van Heerden, haarstilis by Gary Rom Melrose, hoe om die wet look roots voorkoms te kry.

Wet look roots: Van loopplank na rooi tapyt tot by jou! Nie lank nadat dié trend op die loopplanke van ontwerpers soos Lanvin, Alexander Wang en Marni verskyn het nie, het dit ’n nuwe neiging onder bekendes soos Rita Ora en Megan Fox geword.

Dié moderne styl volg kort op die hakke van die lob (oftewel die lang bob) en is perfek vir diegene wat nie van hul lokke ontslae wil raak nie, maar steeds ’n modieuse voorkoms wil hê.

FOTO: Instagram @khloekardashian

FOTO: Instagram @khloekardashian

Wenke

  • Dit is belangrik om nie te veel stileerprodukte te gebruik nie.
  • Neem die volgende in ag: jou natuurlike haartekstuur, jou eindproduk en die geleentheid.
  • As jy langer hare het met punte wat nie frizz nie, kan jy ’n produk soos GRH Gloss Fibre (R275) en GRH Expansion Paste (R245) op jou wortels gebruik om die glinsterende effek te kry.
  • Korter hare benodig baie minder produkte op die wortels as langer hare. Maar sorg vir genoeg volume op jou wortels om ’n plat voorkoms te vermy.
  • Iets soos die GRH Foundation Spray (R205) werk goed omdat dit nie die hare swaar en olierig maak nie. Jy wil nie nog olie op jou wortels plaas saam met die waks wat jy gebruik nie.
  • Los liefs hierdie styl vir die aand. Jy wil nie lyk soos een wat pas uit die gimnasium gestap het nie.

Produkte en stappe wat jou sal help om dié styl te skep

  • Spuit GRH Foundation Spray (R205) op jou wortels en blaas jou hare 80% droog. Moenie ’n borsel gebruik nie.
  • Gebruik dan ’n borsel om jou hare mooi glad en na agter te blaas.
  • Plaas ’n bietjie GRH Gloss Fibre en Expansion Paste in jou handpalm en meng dit deur jou palms teen mekaar te vryf. Sorg dat dit deurskyndend op jou hand lyk voordat jy dit op jou hare aanwend.
  • Vryf die waks aan jou wortels en maak seker dat al jou hare mooi netjies agtertoe is, sónder om soos Grease Lightning te lyk!
  • Gebruik ’n knippie (bobby pin) om die hare agter jou oor vas te steek.
  • Spuit dan L’Oréal Air Fix (R285) op jou hare. Onthou om die bottel ongeveer 30 cm van jou hare af weg te hou.
  • Verwyder knippies sodra haarsproei en waks hard geraak het.
  • Nou is jy gereed om met jou nuwe sjiek styl die koppe te laat draai
  • Onthou: Less is always more

Lees die ander blogs van die Gary Rom-span HIER.  

Inge*Inge is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Melrose (011 214 5805).