FOTO: Instagram (@olllinaa)

FOTO: Instagram (@olllinaa)

Stap vir stap

DIY-Donderdag: Maak jou eie lipafskilferaar + 5 moet-hê lipstiffies

Lipstiffies met ’n mat-afwerking is nou al ’n ruk lank gewild. Dié lipstiffies is egter geneig om jou lippe vinnig uitgedroog en krakerig te laat lyk en met herfs wat al hoe nader kruip kan dit net vererger. Hiér deel René Stephenson, nasionale opleidingsbestuurder van die Camelot Spa Groep, ’n maklike lipafskilferaar-resep wat jou lippe gesond en sag laat en die kleur van jou lippe eweredig laat vertoon.

Oscar trend: Vuurwarm rooi!

Jy benodig:

  • 1 teelepel heuning
  • 1 teelepel bruinsuiker
  • 1 teelepel olyfolie
  • ’n Knippie fyngemaalde kaneel

Meng bloot al die bestanddele saam en wend dit met jou ringvinger aan jou lippe in klein sirkelbewegings.

Die growwe bruinsuiker verwyder los en dooie velletjies, terwyl die olyfolie en heuning jou lippe bevog. “Die kaneel het ’n plompende effek op jou lippe omdat dit bloedvloei stimuleer en effens tintel,” sê René. Sy gunsteling-produk vir lippe wat voller voorkom is die Bodyography Lip Vapour in Sequin (R290) beskikbaar by takke van Camelot Spa.

bodyography lip gloss with cinnamon

Bodyography Lip Vapour in Sequin

 

Nóg ’n nuwe tendens: ‘Mat’-naels

Vir sagte lippe in ’n kits kan jy ook die aktrise Rachel Bilson se raad volg – sy sit petroleumjellie aan haar lippe en gebruik dan ’n tandeborsel om liggies dooie velletjies te verwyder. Dra nou jou mat-lipstiffies met selfvertroue!

 

Hiér is ons moet-hê nuwe lipstiffies uit die skoonheidstoor:

(Kloksgewys van links na regs)

  1. Givenchy Le Rouge Intense Color Sensuously Mat Lip Color in Magnolia Organza (R480)
  2. REVLON Ultra HD Lipstick in HD Rose (R145)
  3. Wet n Wild MegaLast Lip Color in Just Peachy (R50). By Clicks
  4. Maybelline Color Sensational Vivids Lip Color in On Fire Red (R100)
  5. Elizabeth Arden Beautiful Color Moisturizing Lipstick in Nude (R220)

lippe lipstiffie

Heinz en Aletté Winckler in Londen vir Chappie – lees meer!