skoonheid mood
Stap vir stap

DIY-Donderdag: Maak jou eie lyf-afskilferaar

Kry jou lyf gereed vir die lente met dié maklike lyf-afskilferaar (scrub). Deur minstens twee keer ’n week af te skilfer, verwyder jy droë selle en onsuiwerhede van jou vel. Boonop bevat dié lyf-afskilferaar net natuurlike bestanddele soos bruinsuiker, olyfolie en heuning. Die growwe suikerkorrels verwyder alle onsuiwerhede, terwyl die olyfolie sorg vir bevogtiging en die heuning jou vel kalmeer en voed.

 

Bestandele:

  • ’n Halwe koppie bruinsuiker (250 ml)
  • 3 eetlepels olyfolie (45 ml)
  • 2 eetlepels heuning (30 ml)

Die ABC van afskilfering – lees meer!

Stap 1: Gooi al die bestanddele in ’n lugdigte houer en meng goed.

Stap 2: Masseer dit oor jou hele liggaam ná jy jou lyf gewas het (jy kan dit selfs op jou gesig ook gebruik) en spoel dit daarna af.

Stap 3: Stoor die res van die afskilferaar tot twee maande buite die yskas.

Lees hiér hoe om elke keer perfek te skeer

So eenvoudig soos dit!

Besoek ons Pinterest-blad vir nóg interessante resepte en idees.

body scrub pinterest

Ons toets: ’n Diep-afskilferingsbehandeling