FOTO Pantene

FOTO Pantene

Stap vir stap

DIY-Donderdag: Sny self jou gesplete haarpunte

As jy min tyd het en voel jou droë haarpunte het ’n broodnodige sny nodig, het ons die perfekte oplossing! Volg dié maklike stappe en sny sommer self jou gesplete haarpunte by die huis – al wat jy nodig het, is ’n skerp skêr.

Gee só nuwe lewe aan winterhare

Stap 1: Deel jou hare in twee gelyke seksies en laat dit voor oor jou skouers hang.

Stap 2: Deel een van die twee seksies weer in die helfte.

Stap 3: Begin dan een van dié seksies hare van net onder die haarwortels tot op jou punte te draai.

Stap 4: Beweeg liggies met jou duim en wysvinger van jou haarpunte tot in die middel van die haarseksie om die gesplete haarpuntjies te laat loskom.

Stap 5: Gebruik ’n skerp skêr en sny die gesplete puntjies af. Herhaal die stappe vir die ander haarseksies.

 Wenk: As jou hare in lae gesny is, draai die haarseksies eerder lagie-vir-lagie.

 

Die Gary Rom-blog: Blaas jou hare perfek uit met dié wenke