Nautical Playsuit van Amanda May

Vloot-inspirasie uit die SARIE-winkel - Nautical Playsuit van Amanda May

Stap vir stap

Stap vir stap: Vloot-geïnspireerde naels

Skakerings soos middernagblou en bessierooi is gewilde naelkleure vir die winter. Ons wys jou stap vir stap hoe om dié skakerings op jou naels te gebruik vir ’n vloot-geïnspireerde voorkoms.

Wat jy nodig het:

  • Deursigtige naellak
  • Wit naellak
  • Kleefband
  • Skêr
  • Twee naellakke in enige skakerings van blou en rooi

Stap 1: Wend ’n laag deursigtige naellak aan en daarna die wit skakering.

Stap 2: Laat die wit naellak heeltemal droog word. Sny dan dun repies kleefband en plak dit eweredig en horisontaal oor jou naels. Los dun gapings tussen die kleefbandrepies.

Wenk: Sny die die kleefbandrepies lank genoeg sodat jy dit maklik en vinnig van jou nael kan aftrek.

naels2

 

 

 

 

 

 

 

 

Stap 3: Verf nou heeltemal oor elke nael met die blou of rooi  – wissel die kleure af – en trek die kleefband af.

Wenk: Verwyder die kleefband onmiddellik sodra jy die blou of rooi naellak aangewend het.

Stap 4: Wag tot jou naels heeltemal droog is en wend ’n deursigtige naellak bo-oor aan.

naels 8

 

 

 

 

 

 

Skep jou winternaels só

Ons het dié produkte vir ons vloot-naels gebruik:

  • Justine ColourCare Nail Enamel in White (R180 vir twee naellakke). Skakel 0860 102 345
  • Essie Nail Polish in After School Boy Blazer (R120)
  • O.P.I Nail Lacquer in Big Apple Red (R160)
  • Sally Hansen Big Shiny Top Coat (R100)

Om jou naels perfek af te rond en enige naellak van jou naelvelletjies te verwyder, gebruik Mavala Correcteur For Nail Polish (R165). Dit bevat ’n sagte “pen”-punt wat in naellak-verwyderaar gedoop is. Dis maklik om te gebruik en sorg vir ’n foutlose voorkoms.

naels7

 

 

 

 

 

 

 

 

Brasilië-kleure vir jou naels!