image002
Stap vir stap

Elegante hare vir die aand

1. Blaas jou hare glad droog. Maak ’n kantpaadjie en steek die hare aan die kant apart vas. Maak die agterste hare vas in ’n lae poniestert.

2. Draai die hare van jou poniestert om en om.

3. Hou aan om die poniestert te draai totdat dit ’n bolla begin vorm. Steek dit vas met knippies.

4. Vat die hare wat jy aan die kant vasgesteek het en steek dit bo die bolla vas. Maak seker dit is glad en netjies voor. Gebruik ’n haarsproei om die styl in plek te hou.

* Trevor Sorbie se haarprodukte is eksklusief by Dis-Chem beskikbaar.