FOTO: Instagram @ritaora

FOTO: Instagram @ritaora

SARIE-blogs

Die Gary Rom-blog: Koel kleure

Talle vroue het nog altyd van ’n koel haarkleur gedroom. Maar as jy nie weet hoe om dié trend te versorg nie, is dit ’n nagmerrie om te handhaaf.

Anja van Gary Rom in Brooklyn wys jou hoe om die voorkoms te kry én mooi te versorg.

“Die blou pigment in koel kleure is verantwoordelik vir die koel ondertoon, maar terselfdertyd is dit ook dié pigment wat die vinnigste uit jou haarkleur verdwyn.”

FOTO: Instagram @chrissyteigen

FOTO: Instagram @chrissyteigen

Onthou …

  • Om ’n koel silwer haarkleur te handhaaf kan jy ’n spesiale sjampoe, soos Gary Rom Hair se Cool Silver (R245), gebruik om die warm kleur in jou hare te neutraliseer.
  • Dit is belangrik om kleure te kies wat by jou veltoon pas. Indien jy ’n warm veltoon het, kies ’n koeler kleur. Vir ’n minder drastiese opsie kan jy van die koel kleur net naby jou gesig aanwend.
  • Die regte haarkleur kan ’n ongelooflike verskil aan jou voorkoms maak.
  • Majirel, L’Oreal se permanente haarkleur-reeks, het onlangs ’n nuwe reeks, genaamd “Cool Cover”, bekend gestel. Dié reeks is spesiaal vir liefhebbers van koel kleure ontwerp.
  • Koel kleure wat die seisoen hoogmode is, is ysbruin en asblond. Kies gerus platinum of natuurliker skakerings van dié kleure.

 FOTO: verskaf

 

Anja Engelbrecht*Anja Engelbrecht is ’n haarstilis by Gary Rom Hairdressing Brooklyn (012 346 3374)

Lees die ander blogs van die Gary Rom-span HIER.