FOTO: Gallo Images/Getty Images

Stap vir stap

Kry só country-sangeres Carrie Underwood se rooitapyt-voorkoms

Die country-sangeres en American Idol-wenner, Carrie Underwood, het nie weggestap met ’n Academy of Country Music-toekenning gisteraand nie, maar haar voorkoms was in ons oë ’n wenner!

Carrie is vanjaar aangewys as die nuwe gesig van die skoonheidshuis Almay en die grimeerkunstenaar Melissa Schleicher het ook van dié produkte gebruik om haar voorkoms te skep.

FOTO: Gallo Images/Getty Images

FOTO: Gallo Images/Getty Images

Haar smeulende ooggrimering het beslis die meeste aandag getrek. Melissa het ’n rokerige oog geskep met grys en pers skakerings. Sy het ’n blink ligsilwer oogskadu in die binnehoeke van Carrie se oë aangewend. Dit laat jou oë onmiddellik groter én helderder lyk! Dié voorkoms is afgerond met hope maskara vir ekstra ou-Hollywood-glans.

Probeer

Omdat haar ooggrimering die fokus van haar voorkoms was, het Melissa ’n sagte koraal skakering vir Carrie se lippe gebruik. ’n Blink lipglans sorg ook vir ’n vars, jong voorkoms.

Probeer

Almay Color + Care Liquid Lip Balm in Cantaloupe Cream (R89)

Almay Color + Care Liquid Lip Balm in Cantaloupe Cream (R89)

Om die voorkoms af te rond het Melissa ’n pienk blosser op die appels van Carrie se wange aangewend wat sorg vir ’n jeugdige voorkoms.

Probeer

Almay Smart Shade Blush in Pink (R159)

Almay Smart Shade Blush in Pink (R159)

Ons kies vir Carrie uitrustings uit die SARIE-winkel PLUS kyk haar musiekvideo “See You Again”

Sy is verlede jaar deur die Amerikaanse finansiële-tydskrif Forbes as die American Idol wat die meeste geld verdien, aangewys. Sy het laas jaar sowat R340 miljoen gemaak!

Carrie het ook onlangs per e-pos met SARIE se skoonheidsredakteur, Charis Labuschagne, gesels:

Wat is jou gunsteling-grimeertendens?

Die rokerige oog. Dis ’n voorkoms wat vroue al vir dekades op die rooi tapyt dra en iets wat nie regtig uit die mode gaan nie.

Wat is jou beste grimeerwenk?

Moenie bang wees om met grimering te eksperimenteer nie. Probeer af en toe ’n nuwe voorkoms. So word jy beter en kry jy dalk iets reg wat baie goed lyk.

Vanwëe jou loopbaan reis jy baie. Hoe hou jy dan jou vel gesond?

Ek probeer om soveel moontlik te slaap. Ek maak rus ’n prioriteit, en ek drink baie water.

* Lees die volledige onderhoud met Carrie in die April-uitgawe van SARIE wat tans op die rak is.