FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Stap vir stap

Kry die voorkoms: Grimering wat natuurlik en elegant lyk

Die Franse skoonheidshuis Lancôme vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar. Ter viering van die geleentheid het Lancôme ons skoonheidsredakteur, Charis van den Heever, bederf met ’n persoonlike grimeerklas deur German Moyano, internasionale grimeerkunstenaar vir Lancôme. Hiér deel ons German se stappe waarmee jy ’n natuurlike, elegante grimeervoorkoms kan skep.

Lees meer oor Lancôme 80ste bestaansjaar

FOTO: Lancôme

Lancôme se natuurlike en elegante grimeervoorkoms deur hul internasionale grimeerkunstenaar German Moyano. FOTO: Lancôme

Skep só natuurlike vel

  1. Wend ’n spuitjie van jou gunsteling-serum of -olie in die middel van jou gesig aan en sprei dit liggies na jou voorkop, wange en ken.
  2. Wend jou onderlaag aan deur dit met jou vingerpunte liggies op jou vel te tik en dan met ’n onderlaagborsel of gesigsponsie in te skakeer.
  3. Wend blosser aan vir rosige wange. Trek ’n denkbeeldige lyn vanaf die buitehoek van jou oog afwaarts en dan ’n denkbeeldige lyn horisontaal vanaf die punt van jou neus na buite. Begin dan jou blosser aanwend daar waar die twee lyne bymekaar kom en skakeer dit na jou tempels, is German se top-wenk.
FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Probeer: Lancôme Visionnaire Cx Advanced Skin Corrector (R805), Lancôme Teint Miracle Bare Skin Foundation Natural Light Creator SPF 15 (R535), Lancôme Blush Subtil (R510) en Lancôme Advanced Génifique Youth Activating Concentrate (R780 vir 30 ml).

Wenk: Vir ’n douerige (dewy) vel: Neem ’n paar druppels Lancôme Advanced Génifique Youth Activating Concentrate (of verligter) en tik dit liggies net bo jou wangbene aan. Dit sal lig weerkaats en jou vel laat straal.

Hartseer nuus vir ‘Villa Rosa’-aanhangers…

Skep só natuurlike oë

  1. Wend ’n oogroom met deeltjies wat lig weerkaats onder jou oë en op jou ooglede aan.
  2. Maak klein kolletjies teenaan jou boonste wimperlyn met ’n oogpotlood sodat dit ’n stippellyn vorm. Skakeer die kolletjies met ’n fyn oogskadu-borsel om ’n rokerige lyntjie te vorm.
  3. Rond jou oë af met ’n paar lae maskara. Om jou oë ekstra woema te gee wag tot die maskara droog word en wend dan nóg ’n paar lae aan die middel van jou wimpers, sê German.
FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Probeer: Lancôme Génifique Yeux Light-Pearl Eye-Illuminating Youth Activator (R820), Lancôme Le Crayon Khôl EyeLiner (R330) en Lancôme Hypnôse Doll Eyes Mascara (R390)

Fanie kies: Sexy flieks – lees meer!

Skep só natuurlike lippe

  1. Wend jou gunsteling-lipstiffie aan deur dit liggies met jou vingerpunte op jou lippe te tik. Dit sorg vir ’n byna deursigtige voorkoms, asof jou lippe net “gevlek” is met kleur.
  2. As jy jou lippe voller wil laat lyk of net ’n ekstra tikkie glans wil gee, wend ’n lipglans in ’n nude skakering met jou vingerpunte aan.
FOTO: Lancôme

FOTO: Lancôme

Probeer: Lancôme Rouge In Love High Potency Lipcolor in Corail In Love (R325) en Lancôme Gloss In Love Lipgloss in Pink Posh (R315)

Wenk: Jy kan selfs ombré lippe probeer! Wend ’n lipstiffie in ’n pienk skakering aan. Wend dan net in die middel van jou lippe ’n rooi skakering met jou vingers bo-oor die pienk aan. Dit sorg vir voller lippe en ’n jeugdige voorkoms, sê German.

Skoonheidsinspirasie: Maart in skakerings van blou! Laai jou inspirasie-bord hiér af