Melinda Bam se hoë bolla werk ook perfek vir die winter
FOTO: Instagram @melindabam

Melinda Bam se hoë bolla werk ook perfek vir die winter FOTO: Instagram @melindabam

Stap vir stap

Kry só Melinda Bam se bolla

’n Hoë bolla is een van ons gunsteling-haarstyle, want dis vinnig en maklik en lyk boonop stylvol. SARIE se skoonheidspan wys jou hoe. 

Ons hou baie van die voormalige Mej. SA Melinda Bam se haarstyl vandag. Sy het dié foto van haarself en ’n leeuwelpie op haar Instagram-profiel gedeel.

Melinda is deesdae ’n Pasella-aanbeider én sy trou een van die dae. Lees hier wat sy daaroor sê.

Melinda Bam se pragtige verlowingsfoto’s

Kry jou perfekte bolla só

Die scrunchie wat jy in die winkels koop.

Die scrunchie wat jy in die winkels koop.

 

 

Met die hulp van ’n spesiale scrunchie (R60 by Forever New) kan jy die perfekte bolla binne vyf minute kry!

 

 

 

Kry jy nie die scrunchie nie? Maak jou eie een – met ’n kous! Doen dit so:

Neem ’n sokkie (verkieslik ’n lekker dik een, soos ’n mansokkie) en sny die toongedeelte af sodat die kous twee openinge het.

Rol die kous op totdat dit dieselfde vorm as ’n oliebol het (rond met ’n gat in die middel). Siedaar! Jy het jou eie scrunchie gemaak. Nou kan jy met jou bolla begin.

FOTO: Charis Labuschagne

 

 

Maak ’n hoë of lae poniestert, afhangende van waar jy wil hê die bolla moet wees. Die mode is om jou bolla hoog op jou kop te dra, maar vir ’n meer klassieke voorkoms kan jy dit in jou nek ook maak.

 

 

Sit jou scrunchie of kous bo-oor jou rekkie waarmee jy die poniestert gemaak het (sien foto) en sprei jou hare nou rondom die kous of scrunchie sodat jou geheime hulpmiddel nie gesien kan word nie.

Vou die punte van jou hare bymekaar en rol dit rondom en onder jou bolla in. Sit ’n rekkie om jou bolla om dit in plek te hou. Spuit met haarsproei.  Vir ’n meer informele, gemaklike voorkoms kan jy bietjie hare uittrek en jou bolla losserig vasmaak, terwyl ’n stywe bolla met al jou hare in plek ideaal is vir ’n deftiger geleentheid.

Die mooiste skoonheidsvoorkomste by die Oscars – kyk hier!