Olivia Wilde en haar man, Jason Sudeikis FOTO: Aaron Poole ©A.M.P.A.S.

Stap vir stap

Kry Olivia Wilde se Oscar-voorkoms só

Die swanger aktrise Olivia Wilde het gisteraand glansryk gelyk met ’n 60’s-geïnspireerde grimeervoorkoms. Revlon wys jou hoe.

Olivia, wat ’n gesig van Revlon is, het ’n baie gewilde tendens gedra – die katoog. Klik hier vir wenke om die perfekte katoog te kry. Die aktrise se gloeiende, vars voorkoms is danksy haar vel se natuurlike voorkoms. Jy kan Olivia se gloed kry deur verbronser en verligter te gebruik en kontoerlyne op jou gesig te skep.

Uiteindelik rond Olivia se appelkooskleurige lipstiffie haar voorkoms perfek af, sodat die aktrise elegant, klassiek en stylvol lyk, verduidelik Olivia se grimeerkunstenaar, Melanie Inglessis. Melanie het Revlon-produkte vir Olivia se grimering gebruik. Appelkooskleurige lipstiffie en lipglans komplementeer die meeste vroue se gelaat.

Olivia Wilde FOTO: Matt Petit  / ©A.M.P.A.S

Olivia Wilde FOTO: Matt Petit / ©A.M.P.A.S

Dié presiese katoog komplementeer Olivia se gelaat en lippe perfek. Probeer dié produkte van Revlon as jy Olivia se voorkoms wil kry.