Stap vir stap

’n Styl net vir jou: Stylvol kort

SARIE was onlangs in Parys, Frankryk, vir die bekendstelling van Kérastase se nuwe luukse stileerprodukte, Kérastase Couture Styling. Dit is dié salon-haarreeks se eerste stileerprodukte en dis nou ook in Suid-Afrika te kry. Die bekende model Kate Moss verskyn in die advertensie-veldtog vir die produkte. Internasionale haarstileerder Luigi Murenu het verskeie treffer-haarstyle met die nuwe reeks geskep. Hier wys ons jou een van die haarstyle, stap vir stap. Koop die September-uitgawe van SARIE om te sien hoe jy nóg twee haarstyle stap vir stap kan skep.

Kyk hier na ‘n video wat agter die skerms van dié advertensieveldtog met Kate Moss geneem is.

STYLVOL KORT

Omdat jy dié kapsel met jou hande vorm, is dit nie nodig dat jou hare in ’n spesifieke styl gesny is nie, sê Carlos Hourrides, eienaar van Franco International-haarsalonne in SA, wat Kérastase se stileerprodukte in sy salonne gebruik. Jy gaan nie noodwendig hierdie styl die eerste keer perfek regkry nie, maar aanhouer wen, sê hy.

Styl net vir jou: stylvol kort

VOOR

Stap 1: Berei jou hare voor

Druk een of twee spuite van die Lift Vertige in jou hand. Wend dit aan die wortels en versprei dit deur die res van jou hare tot by die punte. Lig jou hare met jou vingers terwyl jy die produk in jou hare vryf.

Styl net vir jou: stylvol kort

Stap 2: Blaas droog

Blaas jou hare droog terwyl jy dit met jou vingers opwaarts lig. Hou die haardroër sodat die lug jou hare vanaf die wortels na agter droogblaas soos wat jy die styl met jou vingers vorm.

Stap 3: Skep die styl

Druk ’n haselneutgroot hoeveelheid van Short Mania uit en maak dit tussen jou hande warm. Wend dit aan jou hare  – fokus veral op die punte – en vorm die styl met jou vingers. Stileer dit opwaarts en na agter.

Styl net vir jou: stylvol kort

Stap 4: Rond af

Styl net vir jou: stylvol kort

 

 

 

Spuit Laque Couture aan jou hare (hou die bottel sowat 15 cm van jou kop af). Dit sal jou haarstyl in plek hou.

Kérastase-produkte wat vir dié styl gebruik is

* Wees vanaf September op die uitkyk vir Kérastase Short Mania (R290), wat kort hare enige vorm kan laat aanneem.

Kyk hier na ‘n video van hoe Luigi dié stylvolle voorkoms skep.