Stap vir stap

Partytjieseisoen is om die draai – lyk só op jou beste

Aliki Price, nasionale grimeerkunstenaar by Estée Lauder, het gelukkig raad om weer jou gelaat te laat gloei:

“Selfs die glansrykste vroue het hul af-dae. As jy boonop laat gaan slaap het – maar steeds die volgende dag op jou beste moet lyk – is daar maniere om ‘n goeie nagrus ‘na te maak’,” sê sy.

Hier is haar raad:

■ Alkohol dehidreer jou vel, so sorg dat jy weer die vog terugsit met Hydra Complete Multi-Level Moisture Gel Mask (R330). Hierdie masker sal ook jou vel opplomp, versag en van fyn lyntjies ontslae raak.

 ■ Jou oë is die eerste plek waar stres sigbaar word. So probeer Estée Lauder se Stress Relief Eye Mask (R355), wat aalwyn en komkommer bevat om van pofferigheid en lyntjies ontslae te raak.

 ■ Raak van donker kringe om jou oë ontslae met Ideal Light Brush-On Illuminator (R235), wat die lig reflekteer om skaduwees te verbloem. (Sorg veral dat jy die binneste hoekies van jou oë hiermee dokter!)

  • Erna Loretz

    Dis alles goed en wel, wonderlike produkte wat jou vel opplomp en ontslae raak van pofferigheid en fyn lyntjies, MAAR die pryse is verskriklik hoog Gewone mense kan dit sowaar nie bekostig nie!!! Hoekom gee julle nie promosie aan bekostigbare produkte nie? Amper alles wat op hierdie webblad is, is peperduur en onbekostigbaar?! Wat help dit om net daarvan te lees, maar geen wenk kan nagevolg word nie? Geen van die pragtige items kan gekoop word nie, en dit sluit in alles – van skoonheidsprodukte tot huisware tot geskenk idees?!

    Sarie is ‘n absolute pragtydskrif, maar duur! Dit is gedruk op pragtige dik, gladde glansryke bladsye, wat die koste seker opjaag! Daar is hoeveel bladsye na mekaar met advertensies op – alles van produkte wat jou beter en jonger en meer sexy kan laat lyk, MAAR dis peperduur produkte! En nie net dit nie, daar is so baie volblad advertensies en baie min artikels, as jy mooi kyk?! Baie artikels oor en oor, dinge wat ons weet, maar nie doen nie!! Soos byvoorbeeld, oefen, slaap genoeg, eet gesond en drink baie water!!! DIT WORD OOR EN OOR GESE?!

    Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is mal oor Sarie, maar bogenoemde moet tog sin maak vir julle??! Dit sal wonderlik wees om julle reaksie op my besware te hoor?

    Baie dankie!

  • It2Gls ewedrytnnkag, [url=http://cctoxjsfmunn.com/]cctoxjsfmunn[/url], [link=http://zvdoxzdemfuz.com/]zvdoxzdemfuz[/link], http://plnqvadopdtv.com/