FOTO: Gallo Images / Getty Images

FOTO: Gallo Images / Getty Images

Stap vir stap

Sjiek rooitapyt-hare

Enzo Angileri gesels oor Charlize se sagte, romantiese styl:

“Ek het begin deur haar natuurlike, sagte golwe met ’n krultang netjies te maak en volume en tekstuur te skep. Daarna het ek die hare na haar linkerkant gevat en in drie gedeel. Ek het twee dele gebruik om ’n los bolla te maak, en die derde deel om die bolla gedraai en vasgesteek.

“Enige los hare is só gestileer dat haar hare nóg sagter en ongestruktureerd gelyk het. Die voorkoms is met ’n Cartier diamant-kopband afgerond vir ’n tikkie ekstra glans.”

Foto: Fraser Harrison

Paula Patton

Robert Steinken verklap die geheim agter Paula se los krulle:

“Ek wou graag ’n gesofistikeerde, Brigitte Bardot-styl skep, maar dit ook terselfdertyd modern laat lyk. Paula se hare is met ’n mediumgrootte ronde borsel drooggeblaas.

“Daarna het ek ’n krultang gebruik om haar hare te krul. Ek het elke krul vasgesteek sodat dit kon afkoel, dit losgemaak en ’n middelpaadjie gekam. Laastens het ek die hare by haar kroon teruggekam om volume te skep, en ’n stukkie hare agter elke oor gevat en agter haar kop vasgesteek.”

Foto: Steve Granitz

* Robert en Enzo het albei Moroccanoil-haarprodukte (eksklusief by salonne en spa’s beskikbaar) gebruik om dié style te skep.       

  • Pull Louis Vuitton

    Will be hang around in cases where each individual good friend . is sure he’s got hook transcendency above the different.
    Pull Louis Vuitton http://www.fr-marque.com/