sr1011skoonheidhoof_4_
Stap vir stap

Somer 2010 se 3 mooiste haarstyle

Alwyn van Wyk van Karo Boutique Hair Salon in Johannesburg vertel hoe om moeiteloos sjiek te lyk:

1. KORT EN KRAGTIG
Kort kapsels is hierdie somer se koel keuse. Een van Hollywood se nuwe it-meisies, Carey Mulligan, wys hoe mooi sulke kort hare kan lyk. Sorg dat joune baie tekstuur en glans het.

Kry dit só
Stileer jou kort styl met ’n room of mousse wat tekstuur en volume gee en blaas jou hare droog in die rigting wat jy wil hê dit moet lê. Eindig met ’n bietjie finishing wax of paste. Vryf dit oor jou hande en wend dit eweredig op die oppervlak van jou hare aan. Doen die finale stileerwerk met jou vingers terwyl dit nog van die produk aanhet.

2. Skouerlengte met flair

Skep ’n sexy ek-kom-nou-net-terug-van-die-strand-styl deur baie lae in jou mediumlengte-hare te sny. Moeiteloos is die sleutel tot hierdie somer en die tekstuur in die lae is sag en vloeiend.  As jy ’n meer gesofistikeerde voorkoms verkies, probeer ’n 50’s-geïnspireerde kantpaadjie wat effens oor jou oog hang.

Kry dit só
Skep die perfekte strandhare deur opknapper van die middelste deel van die hare in die rigting van die punte aan te wend en dan af te spoel. (As jy opknapper tot teenaan jou haarwortels gebruik, sal jou hare te sag en plat teen jou kop lê). Gebruik daarna ’n mousse of sproei vir volume – ook net op die onderste helfte van jou hare. As jy jou hare los dat dit vanself droog word, wag tot dit heeltemal droog is en  gebruik dan ’n glanssproei vir glans, terwyl jy jou hare frommel vir meer tekstuur. As jy verkies om jou hare droog te blaas, stel die droër teen ’n stadige spoed met ’n lae hitte en begin by die wortels, beweeg af na die middelste gedeelte en eindig by die punte. Draai jou hare om jou vingers terwyl jy droog blaas vir ekstra tekstuur.  Eindig weer met ’n glanssproei.

Type or paste here.

3. LANK EN AANLOKLIK

Vlegsels is steeds warm nuus vir lang hare en die “verwaaide” kantvlegsel hou jou hierdie somer koel wanneer die kwik styg. Jy kan ook eksperimenteer met ’n asimmetriese Franse vlegsel. Vir ekstra volume,
oorweeg om haarverlengings saam met jou vlegsel in te vleg vir perfekte “onperfekte” strandhare.

Kry dit só
Moenie jou hare borsel voor jy jou boheemse vlegsel skep nie – dit sal help om die “verwaaide” voorkoms te kry. Wanneer jy klaar gevleg het, trek al langs die lengte van die vlegsel die hare ’n bietjie los om dit daardie boheemse, effens verslonste gevoel te gee.

Om te weet

As jy goeie hare wil hê, moet jy dit goed versorg. Dis byvoorbeeld belangrik om te keer dat die son en see dit beskadig. “Dis baie makliker om die regte voorsorg te tref as om beskadigde hare te herstel: Dít kos baie geld en moeite,” sê Alwyn van Wyk van Karo Boutique Hair Salon “Was jou hare met vars water  wanneer jy uit die swembad of see kom om die dehidrasie-effek te verminder. Ná ’n dag op die strand, moet jy jou hare se vog met ’n haarmasker terugsit, en kyk uit vir haarprodukte wat ’n sonskerm bevat.”

 
V05 Extreme Style (Matte Paste) Moulder Non Shiny L&aposOréal Studio Silk & Gloss Hot Straight Cream
VO5 Extreme Style [Matt Paste] Texturising Moulder, Non-Shiny (R39,99) Redken 07 Velvet Gelatine07 Cushioning Blow-Dry Gel (R240) L’Oréal Studio Silk & Gloss Hot Straight Cream (R64,95)
Sunsilk Hair Fall Solution Co-Created with Dr. Francesca
Fusco Shampoo (R36,99 vir 400 ml)
Kérastase Masque Nutri Thermique
(R360)
 

  • hnnvrdop

    Zal8Uo iatkqqrxvlns, [url=http://phslhomixadm.com/]phslhomixadm[/url], [link=http://knpqeojqjdxk.com/]knpqeojqjdxk[/link], http://drppuhwoafjb.com/

  • saiepjbouo

    YL044d nlzaqnwzbtvr, [url=http://fthtigdaiegy.com/]fthtigdaiegy[/url], [link=http://ozejlizvwchs.com/]ozejlizvwchs[/link], http://hxdsxulsuosg.com/