FOTO: Charis Labuschagne

FOTO: Charis Labuschagne

Stap vir stap

Stap vir stap: 3 interessante vlegsels

Vlegsels is steeds gróót! Wees in pas met die nuutste haarmodes en dra een van dié drie interessante vlegselstyle.

 

Die slang-vlegsel:

vlegsels hare

 

Stap 1: Verdeel ’n gedeelte van jou hare naby aan jou haarpaadjie in drie gelyke dele.

 

vlegsels hare

 

Stap 2: Vleg die dele in ’n gewone vlegsel tot by jou haarpunte.

 

 

vlegsels hare

 

 

Stap 3: Hou met jou een hand een van die puntjies van die vlegsel vas, terwyl jy met jou ander hand die ander twee puntjies vasknyp. Stoot dan dié twee puntjies na bo tot by jou haarwortels.

 

vlegsels hare

 

Stap 4: Trek die twee dele wat jy boontoe getrek het bietjie na onder sodat dit mooi uitgesprei is en steek dit vas met ’n knippie.

 

 

5 Stappe vir mooier hare

 

Die boheemse vlegsel:

vlegsels hare

 

 

Stap 1: Neem ’n strook hare aan weerskante van jou kop.

 

 

vlegsels hare

 

Stap 2: Neem dan ’n derde string vanuit die middel van jou agterste hare. Dié deel moet baie dunner as die ander twee dele wees.

 

 

vlegsels hare

 

Stap 3: Vleg die drie dele in ’n normale vlegsel en maak dit vas met ’n rekkie.

 

vlegsels hare

 

 

Stap 4: Trek die vlegsel effens uitmekaar sodat dit losser lyk.

 

 

Die visgraat-vlegsel is ook nou groot nuus – lees meer!

Die knoop-bolla met ’n vlegsel:

vlegsels hare

 

Stap 1: Gooi jou hare vooroor sodat dit oor jou gesig hang.

 

 

vlegsels hare

 

Stap 2: Deel ’n gedeelte van die hare net bo jou nek in drie dele en vleg dit in ’n vlegsel.

 

vlegsels hare

 

 

Stap 3: Steek dan die vlegsel in die middel by die kroontjie van jou kop vas met ’n knippie. Dit keer dat die vlegsel nie uitval terwyl jy ’n knoop-bolla maak nie.

 

vlegsels hare

 

 

Stap 4: Maak ’n knoop-bolla (hier wys ons jou hoe) en steek dit vas met knippies.

 

Nóg haartendense om na uit te sien!